• Tuisblad
  • Omgewing
  • Uraanontginning by Leonardville sal Kalahari onleefbaar maak
Uraanontginning by Leonardville sal Kalahari onleefbaar maak
Uraanontginning by Leonardville sal Kalahari onleefbaar maak

Uraanontginning by Leonardville sal Kalahari onleefbaar maak

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die loging van uraan uit ertsliggame in die Stampriet Artesiese Kom kan meebring dat soveel uraan in dié reuse-akwifer agterbly dat mens en dier nie in die Kalahari kan leef nie.
Aanduidings is dat die ertsliggame wat die Russiese staatskernkrag-maatskappy, Rosatom, saam met Headspring Investments Namibia wil ontgin, 500 tot 4 000 gram per ton kan oplewer.
Die Rössing- en Husabmyne lewer onderskeidelik 350 en 550 gram per ton, het die bekende Namibiese geoloog, dr. Roy Miller, Vrydagoggend in ’n voorlegging oor die impak van dié voornemende ontginning by die Namibië Landbou-unie (NLU) in Windhoek gesê.
Hy sê in die logingproses sal 1% tot 3% van die uraan in die akwifer agterbly.
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) bepaal 0,03 gram per ton water is veilig, maar as die ertsliggaam 500 gram uraan per ton lewer en net 1% daarvan bly in die akwifer agter, sal die hoeveelheid uraan in die drinkwater van mense wat van hierdie akwifer afhanklik is, die veiligheidsvlak 167 keer oorskry,” sê Miller. Indien die opbrengs 4 000 gram uraan per ton is, sal die hoeveelheid uraan wat in die water agterbly, die WHO se voorskrewe veiligheidsvlak 1 667 keer oorskry, sê hy.
Dié akwifer beslaan 60 000 vierkante kilometer en strek oorgrens tot in Botswana en Suid-Afrika.
Die eksplorasiegebied beslaan 690 000 ha (of 6 900 vierkante kilometer) en ongeveer 170 plase is in dié gebied geleë, sê Miller.

Foto: Ronelle Rademeyer

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!