Ure sonder antwoorde
Ure sonder antwoorde

Ure sonder antwoorde

Mandy Rittmann
TELEURGESTELDE NAMIBIESE BURGER SKRYF:

Geagte Suid-Afrikaanse ambassadeur.

Na ’n skokkende en teleurstellende ondervinding wat ek gehad het op 26 Januarie 2021 by u ambassade se kantore te Windhoek voel ek dit my plig om dit onder u aandag te bring.

Nie net is die ontvangs vir seker nie een van die skoonste amptelike kantore waarin ek nog in Namibië was nie, maar aan “professionele dienste en vriendelikheid” heers daar ’n geweldige tekort. Die sekuriteitswag is so gepla oor selfone afsit dat hy vergeet om die mense te bedien by die ingang met sanitasie van hande en die invul van 'n register.

En die grap is, nie een persoon het sy sel afgesit nie, behalwe die klank afgedraai. Hy hardloop so agter mense aan dat ander sommer maar instap en uitstap. Staan voor die Exit-deur om ’n SMS te lees, word jy verwys staan 500 mm verder weg van die deur.

Ek wou aan die klerk agter die glasvenster iets verduidelik deur na 'n SMS te kyk wat aan my gestuur was. Hierop wys die wag na die kamera in die dak. Weet nou nog nie wat my sel aan die kamera sal doen nie.

Dit was die maklikste gedeelte, die ergste was die diens vanagter die glasvenster.

Hoe kan julle so ’n onvriendelike mens in die posisie plaas om met publiek te werk. Sy groet nie en daar word nie gevra kan ek help nie. Na my vriendelike verduideliking kry ek darem die eerste woorde of geluid: “Where’s the waybill?”

Die persoon saam met my oorhandig die waybills aan haar. Sy neem dit, kyk daarna, gee die een dadelik terug met die kommentaar “we only received this one yesterday”, draai om, neem dokumente agter haar, vra die ID van persoon nommer 2 en gee aan hom sy paspoort.

Dan stop alles. Sy draai om en verdwyn vir ’n paar sekondes in die gang af. Ons wag geduldig.

Met haar terugkeer vra ek die ID van nommer 2, wat nog aan haar kant van die glas lê. Haar antwoord: “He must first complete the register” en sy wys met haar vinger na ’n boek wat aan ons kant van die glas lê. Sy kyk nie wat ons invul nie. Ons kon net sowel ’n opstel skryf oor die swak diens, maar hy kry toe darem sy ID terug.

Weereens met my vriendelikste stem vra ek haar wat van nommer 1 se dokumente of paspoort. Haar antwoord weer: “We only received this one yesterday.”

Ek verduidelik aan haar dat ons van Swakopmund is en daar was telefonies bevestig dat die paspoorte klaar is en ons dit maar kan gaan afhaal. Haar antwoord: “Yes, it’s finished, but we only received it yesterday. He can come and pick it up tomorrow at 08h15." Dan draai sy haar rug op ons.

Ondanks talle vrae haak die grammofoon op dieselfde wysie vas.

Ons verstrek die naam van die persoon wat laat weet het die dokumente is klaar en vra of ons hom/haar kan sien asseblief. Die antwoord: “Yes, wait outside, he will come."

Gewag het ons gewag. Na sowat 2 ure se wag het ons besluit dis so goed jy skop deur donderweer, ons sal nêrens kom nie en dis amper 12:15, die kantore gaan toemaak.

En meneer, ons was nie alleen nie. Daar het nog ’n hele paar ander mense gestaan met dieselfde probleme.

Dit kos ons om te reël en betaal vir slaapplek in Windhoek, vir nommer 1, en ook ’n kaartjie te koop vir sy terugkeer Swakop toe met die shuttle.

Ambassadeur, ek dink nie hierdie is ’n kompliment vir die Suid-Afrikaanse ambassade nie, maar ’n skande.

Ek het gevra kan ek nie asseblief met ’n senior persoon, of met die ambassadeur praat nie. Die antwoord: “Het jy ’n afspraak?”

Kan julle nie ’n plek of klagtekantoor skep op julle perseel waar hierdie tipe van probleme met iemand bespreek kan word nie?

Ten laaste wil ek ook weet of ’n mens nie in Afrikaans bedien kan word nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!