Uruguay sorg vir eerste WB-skok in Japan
WB-rugby
Uruguay het gister vir die eerste skok in vanjaar se Wêreldbeker-toernooi in Japan gesorg toe hy Fidji met 30-27 verslaan het.
Die wenspan was deurgaans die een wat meer begeesterd gespeel het en was met rustyd reeds met 24-12 in Kamaisji voor.
Uruguay het reeds by vorige WB-toernooie met Spanje en Georgië afgereken, maar dié is die land se grootste sege oor 'n ander meer erkende rugbyland tot nog toe.
Juan Manuel Gaminara, Uruguay se kaptein, was so oorweldig deur emosie dat hy gesukkel het om 'n woord uit te kry gedurende die onderhoude ná die wedstryd.
“Ons berei al vier jaar vir hierdie oomblik voor. Ons moet altyd kwalifiseer (vir die toernooi); niks kom vanselfsprekend vir ons nie,” het hy gesê.
“Ek is so trots. Ek wil nie hê dat hierdie oomblik eindig nie.”
Vooraf is gereken dat Fidji maklik met 'n bonuspunt sou wen om sy aanspraak op 'n kwarteind-plek lewendig te hou.
Toe die twee spanne verlede jaar teen mekaar gespeel het, was Fidji immers met 68-7 baas. Hierbenewens het Fidji Saterdag goeie rekenskap van homself gegee in sy eerste WB-wedstryd teen Australië.
Maar soos die eilandspan se kaptein, Dominiko Waqaniburoto, gesê het: “Alles het vandag verkeerd geloop.”
Die duikvatters van Uruguay het vreesloos ingeseil onder die groot spelers van Fidji, wat in sommige kringe as “monsters” beskryf word.
Die Fidjiane het onder die kwaai druk die een hanteerfout op die ander begaan, wat met byna histeriese ywer deur Uruguay uitgebuit is.
Dit moet genoem word dat van die spelers van Fidji se toewyding op die verdediging uiters teleurstellend was. Van hulle het in 'n skuifeldraffie agter die vlieënde aanvallers van Uruguay aangepoer-poer.
Van Fidji se agterspelers was ook nie baie dapper onder hoë skoppe nie.
Die swak stelskopwerk van Fidji se losskakel, Josh Matavesi, het ook tot die span se ondergang help lei.
In teenstelling hiermee was Uruguay se losskakel, Felipe Berchesi, 'n skerpskutter wat die telbord met sy skopvoet aan die rol gehou het.
Hoewel Fidji se agttal veel swaarder as Uruguay s'n was, het die wenspan se voorspelers geweldige veggees in die vaste skrums getoon.
Hulle het ook goed gevaar in die lynstane en het soos tiere by die afbreekpunte meegeding.
Onder die wenspan se talle uitblinkers het hul slot Manuel Leindekar, skrumskakel Santiago Arata en haker German Kessler getel.
Dit was Kessler se 50ste toets en hy sal die wedstryd sekerlik nooit vergeet nie.
Die grootste uitblinker vir die wenspan was egter dalk die regtervleuel, Nicolas Freitas, wat oral opgeduik het om gate toe te stop of bewegings verder te voer.
Fidji se plaasvervanger-skrumskakel, Nikola Matawalu, kan nie vir die nederlaag verkwalik word nie. Hy het in die tydjie wat hy op die veld was, nuwe lewe in sy span geblaas en twee drieë gedruk. – Netwerk24
VANDAG SE WEDSTRYDE
Italië teen Kanada, 09:45 (SS1)
Engeland teen VSA, 12:45 (SS1)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie