US$15,4 miljoen wink vir Visa se grootbaas
Aandele in Visa en MasterCard het die afgelope paar jaar aansienlik gegroei omdat mense al meer verkies om tjeks en kontant vir elektroniese betalings te verruil.
Visa se nuwe uitvoerende hoof, Alfred Kelly, kan tot soveel as US$15,4 miljoen verdien.
Dit is 31% meer as wat sy voorganger gekry het, maar ongeveer dieselfde as wat MasterCard se Ajay Banga verdien.
Kelly, wat op 1 Desember die leisels by die wêreld se grootste betaalnetwerk oorneem sal ’n salaris van US$1,25 miljoen kry en US$3,13 miljoen betaal word as die teiken behaal word, sê die maatskappy wat in San Francisco in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië gebaseer is.
Hy sal ook minstens US$6,3 miljoen in aandele kry om te vergoed vir die belonings wat hy by sy vorige werkgewer gekry het.
Dit is benewens die jaarlikse aandele-toekenning van US$11 miljoen wat hy ook sal ontvang.
Aandele in Visa en MasterCard het die afgelope paar jaar aansienlik gegroei omdat mense al meer verkies om tjeks en kontant vir elektroniese betalings te verruil.
Charlie Scharf, Kelly se voorganger, het van 2013 tot 2015 ’n totaal van US$26,9 miljoen huis toe gevat wat sy salaris, bonusse, voordele en die waarde van gevestigde aandele-toekennings insluit.
Dit is minder as die helfte van die US$68 miljoen wat Banga gedurende dieselfde tydperk verdien het, wys data wat deur Bloomberg saamgestel is.
Nie een van die twee maatskappye het vergoedingsyfers vir die 2016- finansiële jaar bekendgemaak nie. -Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie