USAID staak alle hulp aan Palestyne
Die Amerikaanse agentskap vir internasionale ontwikkeling (USAID) het alle steun aan Palestyne aan die Wesoewer en die Gasa-strook gestaak.
Dit was op versoek van die Palestynse owerhede, maar mense in die verarmde gebiede gaan beslis ly daaronder.
Die beëindiging van Amerikaanse steun bring ook ’n einde aan die steun van US$60 miljoen vir aan die Palestynse veiligheidsmagte wat saam met Israeliese magte help om orde aan die Wesoewer te handhaaf.
Die besluit van Palestynse owerhede kom net nadat nuwe Amerikaanse wetgewing op 31 Januarie inwerking getree het. Ingevolge dié wetgewing sal buitelandse ontvangers van Amerikaanse hulp meer blootgestel wees aan anti-terrorisme-eise.
Die wet stel Amerikaners in staat om die begunstigdes van buitelandse hulp te dagvaar weens oorlogsdade.
Jason Greenblatt, pres. Donald Trump se afgevaardigde in die Midde-Ooste, sê Palestynse owerhede het gevra die buitelandse hulp moet gestaak word.
Greenblatt sê op Twitter die hulp is nie opgeskort nie, maar gestaak omdat die Palestynse owerheid hom nie wil blootstel nie aan eise wanneer Palestynse terroriste aandadig is aan die dood van Amerikaanse burgers.
Die Palestynse Owerheid het verdere Amerikaanse hulp van die hand gewys hoewel hy Israeliese beskuldigings ontken dat hy militante optrede aanmoedig.
’n Amerikaanse amptenaar het aan Reuters gesê sekere projekte en programme wat deur die owerhede in die wetgewing beskryf word, is gestaak.
“Alle USAID-hulp in die Wesoewer en Gasa is gestaak” sê die amptenaar.
Die USAID-missie is egter nog nie gesluit nie en geen besluit is geneem oor personeel by die missie by die Amerikaanse ambassade in Jerusalem nie.
Volgens USAID se webwerf het die agentskap in 2017 US$268 miljoen aan openbare projekte aan die Wesoewer en Gasa bestee.
Van dié geld word ook gebruik om skuld van die private sektor in Palestina te delg.
Nabil Abu Rudeineh, ’n woordvoerder van pres. Mahmoud Abbas, sê die opskorting van hulp aan Palestynse burgers in kritieke sektore soos onderwys en gesondheid sal almal negatief raak en onstabiliteit in die gebied vererger.
Greenblatt sê egter die Palestyne is te slim om vir altyd as slagoffers en die ontvangers van buitelandse hulp te leef. Die Palestynse owerhede moet daarop fokus om Palestyne te help om ’n beter lewe te lei.
Welsynsorganisasies in die gebied sê internasionale skenkings aan die gebied het die afgelope jaar baie afgeneem. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie