Usakos se basaar gaan 'n grote wees
WILFRED WEISE SKRYF:
Usakos NG Kerk hou basaar op 28 en 29 September 2018. Die reëlingskomitee word deur my gedryf en hierdie byeenkoms gaan 'n grote wees.
Op 28 September sal braaivleis by die kiosk in die hoofstraat beskikbaar wees vir alle verbygangers en Saterdag 29 September sal die groot dag wees. Daar sal soos by enige basaar pannekoek, poeding, braaivleis en baie ander lekkernye te koop aangebied word en daar sal ook baie vars vleis beskikbaar wees.
Ons waarborg dat die pryse goedkoper as die slaghuispryse sal wees en kan die besoekers aan die basaar dus van vars en kwaliteit vleis verseker.
Daar word ook 'n vleisveiling aangebied en bees-, gemsbokboude asook skaapkarkasse sal opgeveil word. Hierdie jaar maak ons dit nog meer interessant en kan oor die foon ook gebie word op daardie boude en karkasse.
Die basaarkomitee is baie trots daarop dat geen kerkgelde gebruik is nie en dat die basaar hoofsaaklik moontlik is deur kontantskenkings en donasies. Die vleisfees op Usakos in Mei was 'n grote, maar hierdie basaar gaan nog groter wees.
Ons wil dus ook graag alle skenkers wat hierdie basaar moontlik gemaak het, hartlik vir hul ondersteuning van hierdie poging bedank. Die gemeente het baie klein geword en daarom moet daar tydens sulke geleenthede baie op skenkings en donasies staatgemaak word.
Binnekort is daar 'n nuwe kerkraad op Usakos en sal daar hard gewerk word om Usakos NG Kerk weer 'n sterk gemeente te maak. Daar is nog baie ander planne vir Usakos en dit sal binnekort bekendgemaak word.
'n Suksesvolle basaar gaan ook gepaard met 'n goeie en ope gesindheid deur lidmate om dit 'n sukses te maak. Die beginsel moet egter baie duidelik wees: jy doen dit nie vir iemand anders nie, maar vir onse Hemelse Vader.
Alle lidmate, die hele gemeenskap en besoekers van ons buurdorpe word hartlik uitgenooi om hierdie geleentheid by te woon. Mag almal geseënd wees deur hierdie boodskap.
Enige navrae kan aan my gerig word by 081 124 4685.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie