USSR se opkoms, val vandeesweek gedenk
Die teregstelling van ’n Russiese spioen ’n driekwarteeu gelede en die ontbinding van die USSR 30 jaar terug is hierdie week op die geskiedkundige voorgrond.
Ronelle Rademeyer - Terwyl die wêreld môre saam met Duitsland die val van die Berlynse muur en die einde van die Koue Oorlog drie dekades gelede vier, het Rusland gister die teregstelling 75 jaar gelede van sy suksesvolste spioen in die opkoms van die Sowjetunie gedenk.
Richard Sorge word allerweë beskou word as die Russiese spioen wie se intelligensie-insameling in Japan tydens die Tweede Wêreldoorlog tot Duitsland se val en die opkoms van die Unie van die Sosialistiese Sowjetrepublieke (USSR) gelei het. Hy moes egter daarvoor boet en is op 7 November 1944 in die Sugamo-tronk in Tokio tereggestel. Hy was 49 jaar oud.
Sorge, met die kodenaam Ramsay, was ’n charismatiese Sowjet- militêre intelligensieoffisier wat onder die dekmantel van ’n gerekende Duitse joernalis in beide Nazi-Duitsland en Japan gewerk het.
Sy insameling van kritieke intelligensie in 1940 en 1941 toe hy as “joernalis” in Tokio gewerk het en die Sowjetleier Josef Stalin van uiters strategiese inligting kon voorsien, het die gang van die wêreldgeskiedenis verander, sê dr. Andreas Vogt, geskiedeniskenner en kultuurhistorikus.
Danksy sy hegte vriendskap met Duitsland se ambassadeur in Tokio, mnr. Eugen Ott, kon Sorge Moskou waarsku oor Adolf Hitler se planne om Rusland binne te val.
In September 1941 kon hy Stalin en sy magte ook inlig dat Japan nie van plan was om die Sowjetunie in die afsienbare toekoms aan te val nie.
Met dié intelligensie kon Stalin 18 afdelings, 1 700 tenks en 1 500 vliegtuie uit Siberië en die verre oostelike dele van Rusland onttrek en tydens die Slag van Moskou op die westelike front ontplooi.
Vogt sê dít het ’n deurslaggewende rol gespeel om Nazi-Duitsland tydens die Tweede Wêreldoorlog te verslaan en daartoe bygedra dat die Sowjetunie onder Stalin een van net twee groot supermoondhede in die ná-oorlogse tydperk geword het.
Die Koue Oorlog tussen hierdie supermoondhede is eers met die ontbinding van die Sowjetunie in 1990, en die simboliese val van die Berlyne Muur beëindig.
Sorge is in Oktober 1941 op klagte van spioenasie in Japan in hegtenis geneem, gemartel en ná sy verhoor en skuldigbevinding in November 1944 gehang.
In 1964 het die USSR sy hoogste toekenning, Held van die Sowjetunie, postuum aan Sorge toegeken.
MODUS OPERANDI
Wat min Suid-Afrikaners weet, is dat ’n afgetrede wynmaker van Franschhoek in die Wes-Kaap besonder goed vertroud is met die Sorge-verhaal en binnekring-kennis het van sy bande met ambassadeur Ott en sy vrou, Helma.
Mnr. Dieter Sellmeyer (66) se ma, Annemarie (’n nooi Kieffer), was as jong vrou in haar vroeë twintigs die persoonlike assistant van die ambassadeursvrou.
Omdat Sorge ’n gereelde besoeker aan huis van die Otts was, het sy dikwels met hom te doen gekry. Daar was destyds selfs gerugte dat hy en die ambassadeursvrou ’n verhouding gehad het.
“My ma het in ’n boek oor haar lewe een hoofstuk aan Sorge gewy,” het Sellmeyer vroeër die week aan Republikein vertel.
“As meesterlike spioen was hy baie sjarmant en ’n opperste rokjagter. Verder was hy ook ’n alkoholis met ’n passie vir motorfietse,” vertel Sellmeyer.
In haar boek vertel sy ma hoe Sorge in sy dronkenskap ’n weddenskap aangegaan het dat hy geblinddoek huis toe sou kon ry. Toe sy motorfiets ’n muur tref, het hy met verskeie snywonde aan sy gesig in die hospitaal beland.
Hy het later by die Otts aangesterk waar Helma hom versorg het.
“Volgens my ma het sy hom elke oggend gesien as hy saam met die ambassadeur tee of ontbyt geniet het. Ott het die inligting waartoe hy toegang gehad het met hom bespreek.”
Sorge se vriendskap met die Otts was egter aan voorwaardes onderhewig.
En daarvan was dat nie een van hulle ooit na sy huis mag gegaan het nie.
“Dit was vir my ma baie vreemd dat die Otts nooit enigiets vermoed het nie,” vertel Sellmeyer.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie