Utoni hou voet by stuk oor Rus
Die grondminister sê hy onderhou wetgewing en daarom moes die Russiese miljardêr die plase koop en skenk.
Ronelle Rademeyer
Die minister van grondhervorming, mnr. Utoni Nujoma, het Vrydagmiddag aan joernaliste herhaal wat hy die vorige middag aan parlementariërs gesê het, naamlik dat die omstrede grondtransaksie met die Russiese miljardêr mnr. Rashid Sardarov nie ongerymd is nie.
Hy het tydens die nuuskonferensie waarheen net die staatsmedia uitgenooi is, gesê die regering het besluit om toestemming te verleen dat Comsar SA (van Sardarov) die vier plase van 17 400 ha “teen volle koste” by die eienaars koop en direk deur middel van 'n skenking aan die regering oordra.
Hy sê aangesien “hulle” (Sardarov) reeds meer as N$1 miljard in die land bestee het, is “hulle” meegedeel kabinetsbesluit 86 verbied die verkoop van plase aan buitelanders en daarom is die 99 jaar-huurooreenkoms voorgestel.
“Daar is ooreengekom dat Comsar SA die plase van die regering huur, onderworpe aan die betaling van jaarlikse huurgeld gelyk aan die grondbelasting deur kommersiële boere.
“Hiernaas gaan alle verbeteringe op die plaas wat tydens die huurtydperk aangebring word, soos hotelle en ander eiendom en infrastruktuur, uiteindelik die eiendom van die regering word,” het Nujoma.
In die onderhoud wat Vrydagaand op NBC uitgesaai is, sê Nujoma: “Daar is misleidende stellings gemaak dat die regering die plase gekoop het. Hierdie was private transaksies.”
Hy het benadruk dat hy as minister die Grondwet moet eerbiedig en die oppergesag van die reg beskerm.
Toe hy gevra is oor sy handtekening op 'n aansoek vir die oordrag van die die plase Wolffsgrund, Rainhof, Kameelboom en 'n gedeelte van Plaas Smaldeel aan die regering, het hy die joernalis daarvan beskuldig dat hy op “fopnuus” steun.
Die dokument lui: “Ek, die ondergetekende Utoni Nujoma in my hoedanigheid as minister van grondhervorming, verklaar hiermee dat die regering die ondertekende eiendom van Wolffsgrund Farming CC gekoop het.”
'n Soortgelyke dokument is by die aktekantoor ingevolge die transaksie met Rainhof Farming Company geliasseer.
Hierdie dokumente is Donderdag ook deur die Regstellende Herposisioneringsbewering (AR) aan die media gestuur.
Nujoma het aanvanklik Vrydag tydens die nuuskonferensie gesê die dokumente is vals en sy handtekening daarop is vervals.
Hy het later gesê “ek sal op ons stelsel kyk”, maar bygevoeg wat hom betref, het hy geen plase namens die regering gekoop nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie