Uur van waarheid vir Fishrot
Regter: Waar is De Klerk en die Yslanders?
Die oë van die wêreld was gister op Namibië waar tien van die beskuldigdes in die internasionale Fishrot-korrupsieskandaal oor die kaping van die land se visbronne vir vermeende selfverryking, voor regter Christie Liebenberg vir voorverhoorverrigtinge in die hoërhof in Windhoek verskyn het.
Hof B in die hoërhof was stampvol, met inagneming van die Covid- 19-maatreëls, en die polisie het almal wat die hofsaal wou binnegaan, eers deeglik deursoek.
Die tien beskuldiges het kort voor negeuur vanuit die aanhoudingselle onder die hofsaal hul plekke in die beskuldigdebank ingeneem.
Hulle sluit in die voormalige ministers van justisie, mnr. Sacky Shanghala, en van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernard Esau; die voormalige uitvoerende hoof van Fishcor, mnr. Mike Nghipunya, dié staatsonderneming se gewese voorsitter, mnr. James Hatuikulipi, sy neef en die skoonseun van Esau en mnr. Tamson (Fitty) Hatuikulipi.
Die ander is mnr. Ricardo Gustavo, wat ten tyde van sy inhegtenisneming ’n beleggingsbestuurder by Investec Asset Management Namibia was (James Hatuikulipi was die uitvoerende hoof), asook mnre. Pius Mwatelulo, Otneel Shuudifonya, Phillipus Mwapopi en Nigel van Wyk.
Hul vervolging spruit uit die Teenkorrupsiekommissie (ACC) se ondersoek na die Namgomaren Fishcor-sake as twee vermeende bedrogstelsels in die groter Fishrot-skandaal, soos dit sedert November 2019 internasionaal bekend staan.
Gustavo is ’n beskuldigde net in een van die twee sake op grond van sy vermeende aandeel as direkteur van die beleggingsmaatskappy Namgomar.
Hierteenoor staan Nghipunya weer net tereg op klagte in die Fishcor-saak.
Van Wyk, wat na bewering bewysstukke uit Shanghala se huis probeer verwyder het, word van dwarsboming van die gereg beskuldig.
MENINGS IN MEDIA GEVORM
Staatsadvokaat Ed Marondedze het begin deur te verduidelik hoekom die volledige blootlegging van stukke nog nie geskied het en die staat nog nie die akte van beskuldiging met die regsverteenwoordigers van die beskuldigdes gedeel het nie.
Volgens Marondedze vrees die staat van die verklarings en dokumente word aan die media gelek en bring mee dat oningeligte menings vorm buite die behoorlike konteks van die staat se dossier in sy geheel.
Hy sê in beriggewing vandeesweek haal joernaliste uit dokumente aan wat eers Maandag in ’n gedeeltelike openbaring met die verdediging gedeel is. “Selfs radiostasies het al getuieverklarings bespreek,” sê hy en voeg by, “’n verhoor deur die media is nie in belang van geregtigheid nie.”
Hy het gevra Liebenberg moet dit ’n bevel van die hof maak dat geen inligting in die dokumente in die dossier gepubliseer mag word nie. Die regter het dié versoek afgekeur.
Liebenberg het gelas die staat moet teen 6 Mei 2021 ’n volledige blootlegging van al sy dokumente, insluitend die volledige akte van beskuldiging, doen.
Marondedze het ook gevra die twee hofsake moet saamgevoeg word, maar Liebenberg het hom aangeraai om amptelik kennis te gee van só ’n aansoek.
Dié aansoek moet op 7 Mei ingedien word, terwyl die verdediging tot 14 Mei het om hierop te antwoord. Liebenberg sal op 20 Mei die voorverhoorverrigtinge voortsit om vas te stel of enige ander kwessies opgeduik het, en wil op 27 Mei die aansoek vir die samevoeging van die sake aanhoor, het hy gesê.
AFWESIGE PARTYE
Die regter wou vroeg in die verrigtinge by Marondedze weet waarom verskeie ander individue en ondernemings by die staat se klagte ingesluit, maar nie in die hof teenwoordig was.
Volgens die staatsadvokaat is drie Yslandse burgers wat na bewering vanweë hul betrokkenheid by vismaatskappye in die Samherji- groep deel van die Fishrotbedrogspul was, nog nie aangekla nie aangesien die uitleweringsproses pas begin het. Hulle is mnre. Egil Helgi Arnason, Ingvar Juliusson en Helgason Adelstein.
Die staat se saak teen hulle kon dus nie die normale geregtelike roete volg deur eers in die landdroshof voor te kom en van daar vir verhoor na die hoërhof verwys te word nie.
Liebenberg het gesê die hof kan hulle daarom nie as beskuldiges erken nie. Dieselfde geld die vermeende betaalmeester in die Fishcor-viskwotaskandaal, mnr. Marén de Klerk. Die proses om Suid-Afrika vir sy uitlewering te versoek, is reeds geruime tyd aan die gang.
Die tien mans bly intussen in aanhouding by die sentrale gevangenis in Windhoek.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie