UV wil sentrum vir tradisionele medisyne bou
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) sal binnekort ’n baanbrekende navorsingslaboratorium op die gebied van tradisionele medisyne kan oprig nadat hy ’n regeringstoelae van R58 miljoen ontvang het.
Die toelae is deur die departement vir wetenskap en innovering aan die UV se departement farmakologie toegeken. Dit sal topgehalte-toerusting insluit om vernuwende navorsing te kan doen.
Volgens prof. Motlalepula Matsabisa, direkteur van die farmakologiedepartement, sal dit ’n sentrum van uitnemendheid vir die Suid-Afrikaanse regering, die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) en die Afrika-unie wees.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie