Vaardighede opgeskerp
Die Namibiese Ys- en Rolskaatshokkievereniging (NIIHA) het onlangs vir die eerste keer ’n elite-oefenkamp vir jeugspelers aangebied. Van die voorste spelers van klubs oral in die land het uit die ouderdomsgroepe onder 10, o.12 en o.14 deelgeneem. Die venue was Coastal Pirates se baan in The Dome binnenshuise sentrum op Swakopmund. ’n Paar goeie spelers van Swakopmund, Windhoek en Otjiwarongo het die kans gebruik om hul vaardighede op te skerp. Beweging op die rolskaatse, hantering van die stok, aangeewerk, doelskiet en spanwerk is van die aspekte wat aandag gekry het. Die oefenkamp is deur Matt Wojcik (die Kamikaze-klub se afrigter), Brian Sobel (afrigter van Coastal Pirates) en Zach Sawyer (gewese afrigter van Scorpions) aangebied. Foto’s Vikki de Jager
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie