Vaarwel aan Daantjie Louw
As geliefde lid van die gemeenskap was hy mal oor visvang en het hy die Wanderers-rugbyklub jare lank as administrateur gedien.
Tielman van Lill - “Stil, broers, daar gaan ‘n man verby, hy groet, en dis verlaas . . . ”
Só is die woorde van die digter Jan F.E. Cilliers gebruik om hulde aan die 82-jarige Oom Daantjie Louw, soos almal hom geken het, in sy begrafnisbrief te bring.
Daniël Jacobus Louw is op 29 Augustus 1935 gebore en het verlede Donderdag sy laaste treë na die wenpaal by sy huis in Windhoek gegee.
Ná sy siekbed vroeër vanjaar waar hy in die Kaap was vir behandeling, het hy na Windhoek teruggekeer en ná sy herstel voortgegaan met dagtake waarvoor hy lief was.
Verlede Donderdag was hy besig om Petunias te plant toe die engele hom kom haal het en huis toe gevat het.
Gister het hartseer familie en jare lange vriende in ‘n stampvol NG kerk in Pionierspark hul laaste eer aan dié pa, oupa, oom, neef, swaer, vriend en eggenoot van Tannie Dorie betoon.
Ds. Willem Theron, wat die diens waargeneem het, het Jesaja 41: 8-20 in sy diens uit die 1933-vertaling van die Bybel gebruik, waarna Gesang 297 en 371, asook die Oorwinningslied gesing is.
Flippie Louw, Oom Daantjie se seun, se huldeblyk in sy pa se begrafnisbrief het as volg gelees:
“Om in ‘n paar woorde iets oor ‘n man soos Daantjie Louw te sê, is nie maklik nie. Ek het die voorreg gehad om hom vir die afgelope 50 jaar as my pa en beste vriend te kon hê.
“ . . . Daantjie Louw was nie kunsmatig nie. Daar was by hom geen aansit nie. Soos wat ek hom leer ken het van die dag wat ek kan onthou, so was hy die laaste keer toe hy kantoorinspeksie kom doen het op die 4de Junie. Hy was reguit, hy was eerlik, hy was sonder draadwerk.
“Dit sluit ook aan by Langenhoven se opmerking – dat ware vriendskap nie te koop is nie: want vriendskap vind nie sy lus in neem nie, maar in gee. Daantjie Louw was ‘n gee-mens. Hy was iemand wat voluit geleef en gegee het.
“Langenhoven het gesê, om dood te gaan is geen kuns nie: Die slegste kry dit reg. Om te lewe is ‘n kuns. Die bestes kry dit nie goed reg nie. Daantjie Louw het die kuns bemeester om te lewe, te laat lewe en te gee. Daarom was almal lief vir hom.”
Oom Daantjie het geweet sy laaste hoofstuk op aarde is voltooi en het self die projek aangepak om sy grafsteen vir sy finale rusplek voor te berei. Hiervoor het hy 2 Timoteus 4:7 gekies.
“Ons het die stryd gestry; ons het die wedloop voleindig; ons het die geloof behou,” lees die vertroostende boodskap op sy steen.
Tannie Dorie en Oom Daantjie is op 19 Desember 1959 getroud en hul seun Flippie is uit dié huwelik gebore. Hy was mal oor visvang en sy ander liefde was rugby en die Wanderers-rugbyklub wat hy jare lank as administrateur gedien het.
Oom Daantjie se kis, wat voor in die kerk gestaan het, is eers deur Alfred Nederlof, Willem Hartog, Michael Meyer, Bennie Joseph en Frans Binneman uit die kerk gedra, waarna Liefa van Wyk, Muis Burger, Rassie Maartens, Sarel Thirion, Willie Modler en Ernst Afrikaner dit tot by die stoetwa gedra het.
By die Gammams-kerkhof het Flippie, Danie Louw (kleinseun), Koos van der Merwe (swaer), Phillip Hite (susterskind), Eugene Louw en Phil Louw (beide broerskinders) Oom Daantjie na sy laaste rusplek gedra.
Rus in vrede, Oom Daantjie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie