Vaarwel, oom Kosie
'n Roudiens is Saterdag op Walvisbaai vir 'n bekende oudpolitikus gehou.
Otis Finck op Walvisbaai - Familielede en mense van oor die hele land het Saterdag tydens 'n roudiens by die NG Kerk op Walvisbaai hul laaste eer aan mnr. Willem Francois Pretorius, beter bekend as Kosie, betoon.
Ds. Willie Coetzee het gesê Pretorius (wat veras sal word) was 'n vredemaker en 'n entoesiastiese luisteraar.
President Hage Geingob het ook sy medelye aan Pretorius se familie betoon en Vrydag in 'n mediaverklaring hulde aan die ontslape politikus gebring. Geingob het gesê die land het nóg 'n terugslag beleef toe Pretorius op 4 Julie oorlede is.
Die president het Pretorius as 'n veteraan van die Namibiese politieke spektrum geprys.
Volgens hom het Pretorius 'n groot rol in die opstel van die Namibiese grondwet gespeel en daarom was hy een van die stigters van 'n onafhanklike Namibië.
“Ons het oor kwessies verskil, maar saamgestem om as Namibiërs met verskillende oortuigings hande te vat. Sy bedaarde houding en beleefde ingesteldheid het my beïndruk. Hy was ook standvastig in sy sienings,” het Geingob gesê.
Hy het ook gesê Pretorius het 'n rol as lid van die parlement gespeel in sy bydrae tot Namibië se demokrasie.
“Hy het altyd goed nagevorsde vrae gevra wat werklik daarop gemik was om duidelikheid oor kritieke kwessies van nasionale belang te soek.
“Sy intrinsieke karakter het hom in 'n onafhanklike Namibië 'n vereniger gemaak.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie