Vaarwel
/AWEBAHE JOHANNES //HOESEB SKRYF:
Daar is baie beslis tye wanneer ek, wat van nature 'n spraaksame mens is, letterlik en figuurlik verstom word deur onverwagte, skokkende gebeurtenisse wat die een op die ander volg.
Vandeesweek het verskeie mense die tydelike met die ewige verwissel, en twee van die afgestorwenes, juffrou Magdalena Claassen en ouderling Tsuemî Philip !Haradoeb, is persone wat deel uitgemaak het van my kinderjare tot op hoërskool.
In 1978, terwyl ek 'n groentjie op Petrus !Ganeb Sekondêre Skool was, was wyle ouderling Ou Philip en ek kamermaats saam met wyle Hansie Claassen (wyle juffrou Claassen se seun) en my ouer broer, Boetie Johannes Blom. Wyle Ou Tsuemî was 'n kranige 1 500 meter-, 3 000 meter- en 10 000 meter-atleet en 'n bokser, en 'n goeie koorsanger daarby.
Ek kan nog onthou hoe hy vir ons as sy kamermaats, Lot ||Naobeb, wyle Sem Eiseb, Amingo !Haradoeb, Ernestus Somseb en wyle Brown |Awaseb en myself, gewaarsku het: "Ons gaan nou aan mekaar skuur en kyk wie se vel heel eerste gaan breek.” Bloot omdat ons weggebly het van die oefeninge van die skoolkoortjie wat later roem verwerf het as die Halleluja Mannekoor.
Daar was 'n slag wat hy in Khomasdal al agter my aangery het tot ek by 'n huis stilgehou het. Ou Tsuemî het toe vir my gevra of ek miskien weet van die tipe bome waarvan 'n mens houtskool kry, en die waarvan die hout net tot as verbrand. Hy het my meegedeel hy kan nie vir ander preek en hulle geestelik vermaan onderwyl sy eie mense vergaan in die verderf nie. Voordat hy gery het, het hy genoem dat my ongehude status hom herinner aan 'n boom waarvan die hout nie braaikole maak nie, en dat ek 'n plan moet beraam.
Die Hemelse Vader het my die voorreg gegun om Ou Tsuemî vir oulaas te ontmoet en 'n paar woordjies te wissel in Okahandjapark, Windhoek op Saterdag 10 Oktober by die begrafnisdiens van +Khari-axa !Aoxamub.
Op Vrydag 4 Desember het Onse Skepper my ook die voorreg gegun om my kindertuinonderwyseres, juffrou Claassen, op Outjo te ontmoet. Sy was soos altyd te voet en het vir my steeds baie fris en gesond gelyk.
Haar eerste woorde aan my was dat ek moet onthou dat ek haar nog 'n verskoning skuld, want ek het haar eendag by haar huis in 'n hoogs beskonke toestand gaan inwag omdat sy haarself glo oor my alkoholmisbruik teenoor andere uitgelaat het. Ons het lekker gelag daaroor. Volgens haar het die Here wondere verrig deur vir my van alkohol te verlos.Juffrou Claasssen se grootste wens was om tee of koffie met vetkoekies saam met haar kindertuinleerlinge te geniet vroeg in 2021. Sy het genoem sy het al met meester Backos Andreas !Aebeb hieroor gepraat, en dat hy gediend was met die idee.
Ek het gesê ek sal die die plastiekkoppies and plastiekbordjies aanskaf vir daardie reünie. Hierdie droom van juffrou Claassen kan nie meer verwesenlik word nie, omdat sy heengegaan het.
Mag die Hemelse Vader 'n welverdiende ewige rus verleen aan die siele van hierdie twee geloofsgeeste.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie