'Vader van Taliban' vermoor
'Vader van Taliban' vermoor

'Vader van Taliban' vermoor

Ul-Haq het aan die hoof gestaan van die Haqqania-skool in die noorde van Pakistan, waar talle lede van dié Afgaanse Islamitiese ekstremistiese groep studeer het.
Die Pakistanse geestelike Maulana Sami ul-Haq, wat in sommige kringe as “die vader van die Taliban” bekend staan, is Vrydag in die noordelike stad Rawalpindi vermoor.

Ul-Haq het volgens ’n BBC-berig aan die hoof gestaan van die Haqqania-skool in die noorde van Pakistan, waar talle lede van dié Afgaanse Islamitiese ekstremistiese groep, insluitend die stigter Mullah Omar, studeer het.

Volgens Reuters dwing die ultra-konserwatiewe Taliban ’n ekstreme weergawe van die Islamitiese sharia-wet af op Afganistan. Dit sluit onder meer in reëls vir vroue, die lengte van mans se baarde en 'n verbod op sport, radio en televisie-uitsendings.

Die geestelike se dood volg op dae van onrus wat in verskeie stede oor Pakistan heen uitgebreek het oor die vryspreek van ’n Christenvrou wat vroeër ter dood veroordeel is weens laster. Die moontlikheid het bestaan dat Ul-Haq se dood tot verdere onrus sou lei.

Dit is nog onduidelik in watter omstandighede Ul-Haq dood is. The Mirror berig dat Ul-Haq se seun Maulana Hamidul sy dood bevestig het. Volgens Hamidul is sy pa in ’n aanval buite sy huis dood. In ’n afsonderlike berig word gesê dat hy met ’n mes doodgesteek is terwyl hy in ’n kamer gerus het.

Niemand het nog aanspreeklikheid vir sy dood aanvaar nie. - Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!