Vakansiedag, maar leerlinge moet skool toe
Vakansiedag, maar leerlinge moet skool toe

Vakansiedag, maar leerlinge moet skool toe

Francoise Steynberg
Estelle de Bruyn - Nie minder nie as drie ministers het gister in die Nasionale Vergadering by wyse van ministeriële verklarings meer duidelikheid oor die viering van die Dag van die Afrika-kind gegee.
Eerste aan die woord was die minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, me. Doreen Sioka, wat aangekondig het dat die amptelike vieringe in Namibië vanjaar op Swakopmund sal plaasvind waar die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidskunstenaar, Yvonne Chaka-Chaka, die gas sal wees.
Die tema van vanjaar se vieringe is “Konflik en krisis in Afrika: Die be­skerming van alle kinders se regte.” Sy het verduidelik dat ingevolge die Verenigde Nasies se konvensie op die regte van die kind, dit onder vier breë temas geklassifiseer word naamlik oorlewing, ontwikkeling, beskerming en deelname.
“Al is daar nie konflik in Namibië nie, is daar ander maatskaplike euwels soos geslagsgegronde geweld en geweld teen kinders insluitende kinderhuwelike en die swangerskap van tieners wat ’n negatiewe impak op die welstand van Namibië se kinders het,” het Sioka gesê.
Die minister van inligting en kommunikasietegnologie, mnr. Tjekero Tweya, het op sy beurt die media veroordeel vir verwarrende beriggewing of 16 Junie ’n vakansiedag is al dan nie.
Hy het gesê 16 Junie is in 1991 deur die voorganger van die Afrika-unie (AU), die Organisasie vir Afrika-eenheid (OAE) as dag van die Afrika-kind geproklameer na aanleiding van die Soweto-opstande in Suid-Afrika wat op 16 Junie 1976 deur kinders begin is.
Hy het daarop gewys al word die dag in Namibië herdenk, is dit net die parlement en president wat ’n besluit kan neem om ’n openbare vakansiedag af te kondig. Geen sodanige afkondiging is gemaak nie en al word die dag wyd in Namibië herdenk, is dit ’n normale werksdag.
Die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, het die derde ministeriële verklaring oor die Dag van die Afrika-kind gelewer en gesê al het die raadgewende raad van belanghebbendes van die ministerie besluit dat dié dag ’n vakansiedag vir skole is, het sy in haar hoedanigheid as minister die reg om dit te verander. Gevolglik het sy besluit leerlinge en onderwysers moet vanaf 08:00 tot 13:00 by skole byeenkom om deel te neem aan sinvolle programme waartydens die Dag van die Afrika-kind herdenk word.
Op ’n vraag deur die leier van die amp­telike opposisie oor oproepe van die Namibië Nasionale Onderwysersunie (Nantu) vir onderwysers om hulle vandag by ’n beplande betoging deur die Regstellende Herposisionerings-beweging (AR) aan te sluit, het Hanse-Himarwa gesê Nantu is bloot ’n bedingingsagent wat deur die regering erken word om namens onderwysers te onderhandel en dat hulle geen reg het om nou op die politieke wa te spring nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!