Vakansiesport met Sandman ingelui
Vakansiesport met Sandman ingelui

Vakansiesport met Sandman ingelui

Triathlon
Tielman van Lill
Die jaarlikse FNB Sandman-­triathlon sal Sondag, soos die afgelope 36 jaar, by die Mole op Swakopmund plaasvind.

OTB Sport, wat dié byeenkoms ­organiseer, sê vanjaar is daar 'n sterk kontingent topatlete in die mans en vroue elite-afdelings.

“Ons verwag strawwe ­kompetisie in al die kategorieë. Dit is vir ons 'n voorreg om die triathlon aan te bied. Sonder die ­vrygewige borg­skap van FNB wat vanjaar vir die 13de keer die byeenkoms as hoofborg ondersteun, sou dit moeilik gewees het om die kom­petisie elke jaar te hou. Ons is opnuut dankbaar vir FNB se bydrae en betrokkenheid.

“Dit is lekker om 'n byeenkoms te hou wat deur plaaslike sowel as buitelandse toeriste geniet word, en hulle keer elke jaar terug,” sê OTB Sport.

Deelnemers het die keuse tussen die Ultra- (1.9 km swem, 90 km fietsry en 21.1 km draf), Standaard- (1 km, 40 km, 10 km) en Mini-afstand (150 m, 6 km, 3 km).

Horst Neumann, die ­verdedigende manskampioen wat 'n sterk fietsryer is, kan van Konrad Marais stewige teenstand in die elite-afdeling verwag. David Gardner van Zimbabwe kan sy vyfde oorwinning in die veteraanklas behaal, maar Paul Brinkmann is gereed om hom gas te gee.

By die meesters is Paddy Murphy gewoonlik in 'n klas van sy eie.

Benita Kasch, nasionale driekamp­kampioen, kan verwag dat Risa Dreyer haar al die pad gaan jaag. Kasch, wat 'n sterk swemmer is, het dié byeenkoms twee keer tevore ingepalm, terwyl Dreyer veral in die fietsry- en drafskofte vol ­selfvertroue sal wees.

Daar word van Adelé de la Rey en Marion Himmel verwag om onder­skeidelik die veterane- en meesters-titels in te palm.

Die jong Divan du Plooy, Namibië se senior nasionale manskam­pioen, is puik op dreef en kan die standaardwedloop se elite-afdeling wen. Du Plooy het tans nie sy gelyke nie en Herbert Peters sal sy beste moet gee om enige indruk op hom te maak.

OTB Sport bedank African Mark­eting, wat die tafels vir die waterpunte, asook personeel reeds vir etlike jare borg. EMA sal vir die mediese ondersteuning sorg.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!