Vakbond dreig stadsraad
’n Unie sê die Windhoekse stadsraad moet álle geskorste werknemers heraanstel as hulle na die president se bevel luister.
Denver Kisting – As die Windhoekse stadsraad (CoW) gehoor gee aan pres. Hage Geingob se bevel, móét hy elke ander geskorste werknemer heraanstel.
Hiernaas moet die CoW gevolglik alle tugklagtes teen sodanige werknemers laat vaar.
Dít was die afgelope week die eise van die Namibië Vakbond vir Staatsdienswerkers (Napwu).
Napwu se hoofsekretaris, mnr. Peter Nevonga, dring voorts daarop aan dat sou Geingob se omstrede opdrag eerbiedig word, “geen werknemer ooit weer aangekla of geskors sal word nie”.
Dié skrywe, wat vier sinne beslaan, is gerig aan die voorsitter van die CoW se bestuurskomitee, me. Agatha Ashilelo.
Nevongo het ook afskrifte gestuur aan onder andere dr. Peya Mushelenga, die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Windhoek se burgemeester, mnr. Muesee Kazapua, en ander raadslede.
Geingob het verlede week ’n storm laat ontstaan toe hy vir twee agtereenvolgende dae raadslede na Staatshuis ontbied het.
Tydens die tweede geleentheid het hy hulle beveel om die tugstappe teen mnr. Robert Kahimise, die uitvoerende hoof, te laat vaar en vir mnr. Abraham Kanime, die geskorste hoof van die stadspolisie, weer aan te stel.
Geingob se woordvoerder, dr. Alfredo Hengari, het gisteroggend op nasionale televisie in ’n regstreekse onderhoud gevra dat die kwessie voortaan met rus gelaat word.
Wat hom betref, is dit belangrik om aandag te gee aan dringender sake, soos die plakkershutkrisis.
Hengari sê die president se bevel is genoodsaak deur die impak van die CoW se binnegevegte op dienslewering en veral die behuisingnood in die hoofstad.
Kanime het gistermiddag gesê hy het sedert Geingob se bevel nog geen woord van die CoW gehoor nie. “Hulle het my nog nie bereik nie.”
Intussen, sê hy, is hy besorg oor openbare veiligheid in Windhoek.
Volgens Kahimise is die klagtes teen hom teen gister ook nie laat vaar nie. Hy is egter steeds in die tuig, sê hy.
Oor Napwu se brief kan hy hom nie uitlaat nie omdat dit nie aan hom gerig is nie, het hy aan Republikein gesê.
Kazapua het bevestig hy het sy afskrif van die brief ontvang.
Hy sê die raad het nog nie ontmoet om pres. Geingob se opdrag in oënskou te neem nie.
Maar, sê hy, daardie besluit oor die hantering van Staatshuis se opdrag sal ingevolge bestaande beleid geneem moet word. “Ons kan dit nie vooruitloop nie.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie