Vakbond dring aan op ondersoek by NBC

Napwu wil binne 14 dae ­terugvoering op 'n rits eise hê.
Augetto Graig
Die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers (Napwu) dring aan dat die ministerie van inligting en kommunikasietegnolgie 'n onafhanklike ondersoek na beweerde wanbestuur van geld by die NBC gelas.

In 'n petisie wat Napwu gister aan die nasionale uitsaaier se hoof van menslike hulpbronne, mnr. Vezenga Kauraisa, oorhandig het, eis NBC-vakbondlede dat die Bank of Namibia (BoN) en Namibiese Toesighoudende­ Owerheid vir Finansiële Instellings (Namfisa) ondersoek instel na onder meer pensioen- en mediesefonds­bydraes wat van hul salarisse ­afgetrek word, maar nie na die betrokke partye oorbetaal word nie.

Mnr. Kephas Hembapu, die verteenwoordiger van NBC-vakbondlede, het tydens 'n betoging voor die uitsaaier­ se hekke beweer betalings na derde­partye is vir meer as drie maande ­agterstallig.

“Van die werknemers is geswartlys en hul toegang tot krediet is beïnvloed,” het Hembapu gesê.



'GEEN KEUSE'

Die voorsitter van die NBC-direksie, mnr. Sven Thieme, het gesê die NBC het geen ander keuse gehad as om dié maatreëls te tref nie.

“As u N$100 moes betaal vir kos - N$50 vir pensioen en N$50 vir 'n mediese fonds – maar u het net N$100, wat sou u eerste koop? As daar nie geld is nie, is daar geen kans nie,” het Thieme gesê.

Die NBC se mandaat om die land ingelig te hou, gaan met uitgawes gepaard, het hy gesê. “As die regering nie wil betaal nie, moet dit die mandaat verander,” aldus Thieme.

Die NBC is tegnies bankrot en sy voortbestaan is in die gedrang, het hy opnuut beklemtoon.

Ander vakbondeise sluit in die staak van alle besuinigingsmaatreëls by die NBC, die permanente aanstelling van alle kontrakwerkers, deursigtigheid met die salarisrol en geen verdere uitkontraktering van dienste wat deur die uitsaaier self verskaf kan word nie.

Napwu dring aan op terugvoering binne 14 dae.



ONE AFRICA

Die petisie volg ná Namibië se enigste onafhanklike televisie-uitsaaier, One Africa TV, die NBC oor die vingers getik het omdat dit nie meer sy uitsendinge heruitsaai nie.

One Africa se uitvoerende hoof, mnr. Stefan Hugo, sê sou One Africa se heruitsendings onbepaald gestaak word, dit persvryheid in Namibië sal benadeel. Namibiërs se toegang tot vrye inligting sal ook in die gedrang kom.

One Africa se sein is sedert Maandag nie meer op NBC-dekodeerders be­skikbaar nie.

Die onafhanklike uitsaaier het die NBC oor onder meer die kostebesparings van dié stap genader, maar geen reaksie is ontvang nie.

One Africa saai steeds via satellietdiensverskaffers uit en is sedert die begin van die maand gratis op TV2­Africa.com te sien, het Hugo gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!