Vakbond steun Swapo
Die NUNW het Donderdag (5 Nov) aangekondig dat hy hom by die regerende party skaar.
Augetto Graig
Die Nasionale Unie vir Namibiese Werkers (NUNW) het bekend gemaak dat hulle Swapo in die komende streek- en plaaslike owerheidsverkiesings steun.
Ten aanskoue van Swapo-kandidate wat in die Khomas-streekverkiesing en vir setels op die Windhoekse stadsraad meeding – insluitend die burgemeester, me. Fransina Kahungu – het die vakbond se sekretaris-generaal, mnr. Job Muniaro, Donderdag dié belofte by die NUNW-sentrum in Katutura gemaak.
“Ons eenheid met die party duur voort. Ons is die fondasie van Swapo,” sê Muniaro.
“Diegene wat nie vir Swapo ondersteun nie, moet weet hulle skep 'n ekonomiese krisis,” sê hy.
Volgens hom is ekonomiese stabiliteit net moontlik deur 'n Swapo-geleide regering en “alle Namibiërs moet dit beskerm deur vir Swapo te stem,” sê Muniaro.
“Die land is steeds in 'n eindelose stryd teen ongelykheid, armoede en werkloosheid. Die Namibiese werkers is steeds ontevrede met voortdurende werksverliese,” sê hy.
Muniaro sê die probleme is deur harde werk geïdentifiseer.
“Ons laat weet wat is opgelos en wat is nie opgelos nie,” sê hy, en dring daarop aan dat Swapo en die vakbond saam werk om werkersprobleme op te los.
“Dus roep die NUNW alle Namibiese werkers en hul families om in groot getalle op 25 November vir Swapo te stem,” sê hy.
Die Namibiese Vervoerwerkersunie (Natau) se sekretaris-generaal, mnr. John Kwedhi, het by die mediakonferensie die Swapo-kandidate opdrag gegee om op te tree teen die praktyk om huise in nedersettings te laat sloop. “Hierdie praktyk word verewig deur 'n verouderde wet. Julle eerste taak is om seker te maak ons wette is vriendelik teenoor Namibiërs. Ons moet 'n einde aan die sloping van huise maak,” sê hy en moedig die politici aan om nuwe bywette aan NUNW vir insette te lewer. Die kwessie van werksomstandighede en wanbetaling van veral sekuriteitswerkers is ook beklemtoon. Kwedhi dring ook aan dat die potensiële Swapo-raadslede moet verseker kontrakteurs lewer dienste en betaal werknemers reg.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie