Vakbond wil arbeidswet laat verander
Die MUN wil hê maatskappye moet ’n duurder prys vir afleggings betaal.
Augetto Graig
Namib Lead and Zinc myn het 71 werkers afgelê; die diamantslyper DYS Manufacturers het 52 huis toe gestuur; Lewcor 25 en Kaokoland Mining 24 – sommige van die grootste werksverliese wat die mynboubedryf weens Covid-19 moet oorleef.
Die Mynwerkersunie van Namibië (MUN) se algemene sekretaris, mnr. Ebben Zarondo, het Maandag ’n lys van 17 mynbou-ondernemings genoem, waar altesaam 285 werknemers afgelê is.
“Elkeen van die syfers verteenwoordig ’n broodwinner van ’n huisgesin iewers in Namibië,” sê hy. “Hierdie afgelegde werkers verloor hul lewensbestaan en duisternis wag op hulle. Ons staan saam met hulle en hoop die hele Namibië sal ons ondersteun om volhoubare oplossings vir afleggings in ons land te vind,” sê hy.
Zarondo doen ’n beroep op wysiging van die Arbeidswet nommer 11 van 2007, onder andere artikel 34.3 (a) wat sekere maatskappy-inligting teen die oë van vakbonde beskerm.
Volgens hom stel die vakbond voor aflegging moet vir werkgewers ’n duurder opsie gemaak word ten einde dié praktyk te ontmoedig, veral as dit vir “ligsinnige” redes oorweeg word.
“In hierdie land is dit maklik om af te lê,” sê die vakbondleier. “Aan die kant van die onderneming is dit veels te goedkoop om af te lê, dus kies vele besighede hierdie roete van minder weerstand,” sê hy.
“Ons moedig wetgewers aan om te kyk na die wysiging van die Arbeidswet van 2007, om dit duurder te maak om mense af te lê. Myne moet werknemers regverdig aanhou, of die risiko loop om hul Namibiese lisensies te verloor,” sê hy.
Met betrekking tot artikel 34.3 van die wet vra hy: “Hoe onderhandel ’n mens om werkers van dreigende aflegging te red as die onderneming wettiglik inligting kan weerhou?
“Hul besluit om af te lê of nie, mag op daai wettig weerhoude inligting gebaseer wees. Hiermee saam, in die geval dat die maatskappy later heropen, moet dit wettig wees dat hulle dieselfde afgelegde werkers vir werksgelenthede oorweeg.”
Op die oomblik vereis die wetgewing dat afgelegde werknemers geregtig is op een maand salaris plus vergoeding gelyk aan een week vir elke jaar wat hulle vir ’n sekere maatskappy gewerk het, met die waarde van uitstaande verlofdae en enige ander geld wat die werknemer toekom.
Zarondo doen ’n beroep dat dit moet verander na ses maande salaris plus ’n week-en-’n-half vir elke jaar gewerk en enige ander bydrae.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie