Vakbonde soek Jooste se kop
Vakbonde soek Jooste se kop

Vakbonde soek Jooste se kop

Minister glo ‘kwaadwillig’
Augetto Graig
Augetto Graig – Die Nasionale Unie van Namibiese werkers (NUNW) en sy filiaal vakbonde het gister ’n openbare beroep op president Hage Geingob gedoen om die minister van staatsondernemings, mnr. Leon Jooste, onmiddellik af te dank.

Volgens NUNW se sekretaris-generaal, mnr. Job Muniaro, het Jooste die kabinet mislei en moedswillig die likwidasie van Air Namibia aangemoedig.

Verder eis die vakbonde dat die regering die likwidasie van Air Namibia staak en die nasionale lugredery red.

Muniaro sê Jooste was oneerlik deur opsies vir die voortbestaan van die nasionale lugredery van die kabinet te weerhou en dat hy sy mandaat verraai het om toesig oor die winsgewendheid van staatsondernemings te hou. Volgens hom het Jooste alleen Amerika toe gevlieg om met skuldeisers van Air Namibië te onderhandel, wat die vakbonde bevraagteken.

“Die NUNW plaas die skuld voor die deur van die minister van staatsondernemings wat, ondanks duidelike herstelplanne vanaf belanghebbers, desnieteenstaande besluit het om homself as onderhandelaar en prokureur vir lugvaart aan te stel. Hy het kwaadwillig en doelbewus belangrike belanghebbers eenkant geskuif.”

Die vakbonde glo Air Namibia is ’n strategiese bate vir die land se veiligheid en mag nie toegelaat word om tot niet te gaan nie. “Lewensvatbare voorstelle is aan (Jooste) gemaak om Air Namibia winsgewend te maak, maar hy het besluit om dit nie aan die kabinet vir oorweging voor te lê nie,” sê Muniaro.

Die vakbonde doen ’n beroep op Swapo om in die belang van die nasie op te tree deur Jooste uit die parlement te onttrek. Hulle versoek Namibiese burgers om hul eise te ondersteun.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!