Vakbonde steun regulering in boubedryf
CIF en Namwu steun die skepping van ’n nasionale bouraad.
Augetto Graig – Die boubedryf het ’n punt daarvan gemaak dat kontrakteurs en vakbonde oor die inhoud van die nuwe Namibiese wetsontwerp oor ’n konstruksieraad moet saamstem.
Gedurende ’n virtuele vergadering om ’n vasgestelde minimumloon in die boubedryf te bespreek, het me. Barbel Kirchner van die Federasie van Konstruksiebedrywe van Namibië (CIF) en die sekretaris-generaal van die Metaal- en Verwante Namibiese Werkersunie (Manwu), me. Justina Jonas, albei klem daarop gelê dat verlengde konsultasie uiteindelik konsensus gebring het.
Nou moet die regering dit net wet maak.
Volgens die adjunkminister van werke en vervoer, mnr. Veikko Nekundi, is dit sy ministerie se prioriteit.
“Die regering het waardering vir die boubedryf en sy deurslaggewende rol vir ontwikkeling, die skep van rykdom, die verbetering van lewensgehalte en groei van die nasie.
“Hierdie wetsontwerp is vir ons baie belangrik en is boaan ons lys van prioriteite. Dit is lank uitstaande. Ons waardeer ook die konsensus wat bereik is en ons sal dit nou ’n stap verder neem,” het hy gesê.
“Ons sal dit voor die kabinet lê en as dit in prinsiep goedgekeur is, na die kabinet se subkomitee verantwoordelik vir regsinterpretasies en grondwetlikheid, voor dit na die parlement vir beredenering gaan. Ook die Nasionale Raad sal dit oorweeg en die prokureur-generaal moet goedkeuring gee voor die president onderteken, en die ministerie van justisie dit in die staatskoerant laat publiseer,” brei hy uit.
“Ek sal dit deurdruk en verwag dit volgende jaar reeds voor die parlement,” sê hy.
Kirchner het die belangrikste doelwitte van die beplande konstruksieraad soos volg uiteengesit: Beskerm die boubedryf; bevorder hoë standaarde; bevorder ontwikkeling; vergemaklik toegang tot finansiering en registrasie van persone betrokke in die boubedryf.
“Die belangrikste is die registrasie van persone in die bedryf. Hiermee kan ons weet wat die plaaslike kapasiteit is en kan daarvolgens beplan. Die registrasie van persone kan ook lei tot lokalisering omdat alle besighede, insluitend buitelandse kontrakteurs, moet registreer,” sê sy.
Volhoubaarheid en die heronderhandeling van gesamentlike ooreenkomste, wat wetlik bekragtig moet word deur publikasie in die Staatskoerant, sal volg op die nouer regulering van die bedryf onder so ’n raad, sê sy. “Die een sou nie die ander vervang nie.”
Vanuit die werknemers se oogpunt sê Jonas die bestaande stelsel van gesamentlike ooreenkomste werk nie omdat daar geen reguleerder is om oortreders aanspreeklik te hou nie. “Soveel as wat ons saam met die ministerie van arbeid probeer, is die brandende kwessie steeds gereelde inspeksie op die grond,” sê sy.
“Hoewel die mininumloon vir ’n arbeider in die boubedryf N$16,94 ’n uur is, word dit in baie gevalle nie toegepas nie,” sê sy. “Die werklikheid op die grond is hierdie reusebehuisingsprojekte help ons nie. Nie al die werkers verdien die minimumloon nie; vele word nie gereeld betaal nie. Kontrakteurs verlaat die bouperseel sonder om werkers te betaal. Sonder registrasie en regulering kan oortreders nie geswartlys word nie. Ons glo hierdie soort uitdagings sal deur die raad getakel word,” sê sy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie