Valbyl mis Angela Merkel
Valbyl mis Angela Merkel

Valbyl mis Angela Merkel

Ronelle Rademeyer
Die Duitse kanselier, Angela Merkel, het die ergste krisis van haar loopbaan oorleef. Sy is verseker van ’n vierde termyn nadat die Sosiaal-Demokratiese Party (SPD) ten gunste van ’n koalisie met haar Christen-Demokratiese Unie (CDU) gestem het.
Ná 12 jaar aan die stuur van die grootste ekonomie in Europa, het dié magtige staastshoof net-net daarin geslaag om die mag te behou.
Olaf Scholz, waarnemende leier van die SPD, en Dietmar Nietan, dié party se tesourier, het vandag in Berlyn (Sondag) aangekondig dat 66% van die SPD se lede ten gunste van ’n koalisie met kanselier Angela Merkel se Christen-Demokratiese Unie gestem het.
Die nuwe regering sal teen die middel van Maart aangekondig word en só maande van onsekerheid beëindig.
Dit sal die derde groot koalisieregering in Merkel se 13 jaar as Duitse leier wees. Dit het ’n werklikheid geword nadat pogings om koalisies met die Groenparty en die Vrye Demokrate aan te gaan, misluk het. - Nampa/AP

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!