Vals Covid-toetsuitslae: twee borgtog geweier
Geen geldige werkspermitte of dokumente wat hulle toelaat om in die land te bly nie.
Kristien Kruger – Twee Zimbabwiese mans is Maandag in die landdroshof in Katima Mulilo borgtog geweier vir die vervalsing van Covid-19-toetsuitslae.
Mnre. Andrew Hleza (45) en Christopher Mabureni (28) is Saterdag in hegtenis geneem omdat hulle, volgens ’n Namibiese polisieverslag, vervalste Covid-19-toetsuitslae aan trokdrywers verskaf het. Hulle het glo sowat N$1 000 vir een so ’n toetsuitslag gevra.
’n Derde verdagte is nog nie in hegtenis geneem nie en ’n soektog na hom is reeds van stapel gestuur.
Volgens die verslag werk die mans by ’n winkel wat drukwerk doen en het hulle nie geldige werkspermitte en geen geldige dokumente wat hulle toelaat om in die land te bly nie.
Die verdagtes het voor landdros Clara Mwillima verskyn en sal in aanhouding bly tot hulle weer op 27 April in die hof verskyn.
Staatsaanklaer Astrid Hewicke het borgtog teengestaan en het tydens die hofverrigtinge aangevoer dat die ondersoek steeds in die beginfase is en dat hulle dalk met die ondersoek kan inmeng.
Die uitstel van die saak gee die verdagtes ook geleentheid om om regshulp aansoek te doen.
• Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het Namibiërs Woensdag versoek om hul gedrag te verander te midde van die onrusbarende, eksponensiële styging in positiewe Covid-gevalle.
Hy het gesê tussen 26 Oktober en 22 November was die daaglikse infeksiekoers gemiddeld 4,7%. Tussen 28 Desember en 3 Januarie het die syfer vyfvoudig toegeneem en is dit nou ’n gemiddeld van 24% per dag. Dit beteken uit elke 100 mense wat getoets word, is 24 positief.
Die uitvoerende direkteur van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, het ook gesê die publiek moet ophou om die land se pogings teen Covid-19 te ondermyn.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie