Valutagekonkel tot punt gedryf
JJ van Wyk - Die samespanningskandaal rondom die rand-dollarwisselkoers kan so gou as in Julie tot ’n punt gedryf word wanneer 16 banke voor die Mededingingstribunaal verskyn.
Maar dit lyk asof net enkele van dié geldleners met die Mededingingskommissie se beslissing akkoord sal gaan.
Dit kom ná ’n private voorafverhoor Vrydag, het ‘n bron na aan die Mededingingskommissie aan Reuters gesê.
Dié kommissie het onlangs beweerde samespanning oor die rand-dollarwisselkoers na die Mededingingstribunaal verwys.
Die beweerde oortredings het tussen “minstens 2007-’13” plaasgevind, sê die kommissie.
Die kommissie vra vir ’n boete van 10% van die jaarlikse omset van 14 banke, waaronder die Suid-Afrikaanse banke Investec en Standard Bank.
Al die banke wat in die ondersoek betrek is, het Vrydag met die kommissie en die paneel van die tribunaal wat die saak sal aanhoor, vergader.
Datums vir die verhoor en moontlike betoë wat geopper kan word en besware teen die kommissie se bevinding is bespreek, het die bron gesê.
“Dit (die beraadslagings) was hoflik, maar dit is duidelik dat van die banke beswaar gaan aanteken. Dinge gebeur vinnig. ’n Tribunaal in Julie is moontlik, maar daar kan vertragings wees.”
Barclays, met Absa in sy stal, en Citigroup het reeds met die kommissie begin saamwerk en Citigroup is met R69,5 miljoen beboet vir sy valutahandelaars se gekonkel.
Die kommissie vra nie vir ’n boete teen Absa nie omdat hy sy samewerking gee.
Citigroup sal op 22 Maart in ‘n afsonderlike verhoor boete doen vir sy aandeel. Die boete sal waarskynlik dan bekratig word hoewel die tribunaal veranderinge mag voorstel, aldus die bron.
“Aangesien ons geen verdere ooreenkomste gehad het nie, kan ’n mens aanvaar dat die meerderheid van die banke die beslissing gaan teenstaan.
Die banke sluit in Nomura, Standard Bank, Investec, JP Morgan, BNP Paribas, Credit Suisse, Commerzbank AG, Standard New York Securities, Macquarie Bank, Bank of America Merrill Lynch (BAML), ANZ en Standard Chartered Plc.
Maria Ramos, uitvoerende hoof van die Barclays Africa-groep, wat Absa besit, het Donderdag op ’n mediasessie oor die groep se voljaarresultate die versekering gegee die groep doen alles moontlik om te keer dat daar weer ’n gekonkel met valutatransaksies is.
As die valutahandelaars binne Absa wat verdink word van die oortreding daaraan skuldig bevind word dat hulle gedragskodes en wette oortree het, sal hulle die gevolge dra.
Twee handelaars is reeds hangende die ondersoek geskors. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie