Van der Berg sal Cravenweekspan lei
Van der Berg sal Cravenweekspan lei

Van der Berg sal Cravenweekspan lei

Andrew Poolman
Windhoek Hoërskool se heelagter André van der Berg sal kaptein wees van die Namibiese o.18-span wat vanaf 10 tot 16 Julie aan die Cravenweek vir Hoërskole in Durban gaan meeding.
Die oefengroep het vandeesweek weer vir twee dae van fiksheid- en vaardigheidstoetse byeengekom voordat die finale toerspan te midde van groot afwagting bekend gemaak is.
Mnr. Henry Kemp, die afrigter, sê hy is tevrede dat die ­Cravenweekspan voorlangs ’n goeie mengsel van vaardige spelers, gewig en sterk skrummers bevat.
Die beskikbare lengte onder die agttal gee die span ook opsies in die lynstane.
Heelagter Van der Berg is een van die spelers wat van verlede jaar se toernooi op Stellenbosch oorgebly het.
Die ander is sy nuwe onderkaptein, die haker Darius von Solms van Windhoek Gimnasium; die WHS-flank Prince !Gaoseb, stut Jano ­Rieckert (Whk Gim) en skrumskakel Jay-C Olivier.
Windhoek Gimnasium se blitsige regtervleuel Rudi Pretorius ry ook ’n tweede kans. Hy was verlede jaar gekies, maar het onttrek om die 400 meter by die IAAF junior wêreldkampioenskap in Cali, ­Colombia te gaan ­hardloop.
Die Cravenweekgroep is:
André van der Berg (kapt, WHS)
Darius von Solms (o.kapt, Whk Gim)
Elmarco Beukes (WHS)
Wynand Breytenbach (Walvisbaai)
Denzo Bruwer (Whk Gim)
JT Basson (WHS)
Luandro Erasmus (WHS)
Prince !Goaseb (WHS)
Peter Diergaardt (Whk Gim)
Jano Rieckert (Whk Gim)
Armand Kotze (Whk Gim)
Oderich Mouton (WHS)
Handre Klazinga (WHS)
Chrischen Olivier (Whk Gim)
Chad Plato (Walvisbaai)
Rudi Pretorius (Whk Gim)
Andries Jacobs (WHS)
Patrick Schickerling (Walvisbaai)
Dylan Farmer (Whk Gim)
Tertius Lambrechts (Whk Gim)
Gershwin Mouton (Whk Affies)
Nico Horn (Whk Gim)
André Rademeyer (Whk Affies).
Afrigter Kemp word deur Vince Dreyer bygestaan, met Henjan van der Heyde spanbestuurder.

AKADEMIEWEEK
Die o.18 Akademieweek word in presies dieselfde week in Julie ook in Durban beslis. Die Namibiese spelersgroep is:
Luke Jansen (kapt, Walvisbaai)
Jay-C Olivier (o.kapt, Whk Affies)
Christo Pienaar (Whk Gim)
Gerhard Opperman (Whk Gim)
Dirk Smit (Tsumeb Gimnasium)
Amos Loxton (Whk Gim)
Gilad Plaatjies (Walvisbaai)
Franco Opperman (Whk Gim)
Delron Brandt (WHS)
Darryl Wellman (Walvisbaai)
Danco Burger (Elnatan)
Louis Meyer (Elnatan)
Warren Ludwig (WHS)
Marc Sauls (WHS)
Ruan Schreiber (WHS)
Lezander Davids (Tsumeb Gim)
Gabriel Chaune (­Mariental Hoërskool)
Damian Engelbrecht (WHS)
Marlon van den Berg (Walvisbaai)
Duan Fourie (WHS)
Ethan Mouton (Whk Gim)
Keannen Kolz (Whk Gim)
Pikkie van Niekerk (Elnatan)
Die span word ­vergesel deur die twee afrigters mnre. Ainsley Daniels en William Assegaai, met mnr. Henjan van der Heyde as spanbestuurder.

ONDER 16s
Die Grant Khomo-week vir onder 16’s word vanaf 3 tot 8 Julie in die Paarl gespeel.
Die Namibiese ­spelers­groep is:
Pieter-Daniel Kok (kapt)
DJ Holtzhausen (o.kapt)
Aston Mukwiilongo
Bryan Gordon
WJ Otto
Lizano Cupido
Donavon Resandt
Samuel Poulton
Romario Janga
Brand Davids
Shaun van Wyk
Ethan Feris
Ethian Thiart
JC Rossouw
Adriaan Esterhuizen
Charlie Voigts
Kim Nanuseb
Zander de Klerk
Morgan Krohne
Jivino Polster
Kieron Diergaardt
Niell Niehaus
Romano Green
Die span word vergesel deur mnre. Ronnie Roberts en Juanne Louis Grobler (afrigters) en Algenic de Klerk (­spanbestuurder).

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer