‘Van die grootste osse ter wêreld’ in Vrystaat geslag
Chianina-os slag 801 kg uit
Alet van der Walt - ’n Reuse-os wat in Parys opgeveil is, is waarskynlik een van die swaarste beeste wat vanjaar in die wêreld geslag is, sê Albert Loubser, organiseerder van die Alfa Ekspo.
Die Chianina-os het lewend 1 335 kg geweeg en daar is vroeër geraam dat hy 801 kg sou uitslag.
Loubser sê die os het in die derde week van Oktober die oë laat rek toe sy warm karkas 937 kg geweeg het.
Die karkas se koue gewig was 907 kg wat beteken dat die os ’n allemintige uitslagpersentasie van 68% gehad het.
Die os het die Cape Gate Mega-oskompetisie op 19 September op die Alfa Ekspo in Parys gewen en is sowat ‘n maand later in Bethlehem in die Weltevrede-slagpale geslag.
Volgens Loubser moes spesiale reëlings getref word om die os te slag omdat die abattoir nie vir sulke groot karkasse ingerig is nie.
Die os het aan Christiaan de Jager van die O-La-La Chianina-stoetery behoort en Bok van Zyl van die Cheetah Lodge by Bethlehem het dit gekoop.
Die os het op meer as een manier die rekordboeke herskryf en die verkoopprys van R181 827 beteken dat die vleis R200 per kg kos.
Loubser sê R50 000 van die geld is aan die Doxa Deo-kerk vir traumabehandeling geskenk. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie