Van die spoor
Die tweede treinongeluk wat TransNamib nou in net meer as twee maande getref het, is simbolies van die stand van die staatsonderneming en sy onvermoë om as nasionale vragreus homself op stewige spore te rangeer.
Dinsdag het sewe brandstoftenks in ligte laaie langs die spoor in Brakwater buite Windhoek gelê en op 16 Maart was daar ‘n ontsporing in Swakopmund.
Beide die ontsporings kon meer rampspoedig afgeloop het.
Tydens die groot reën in Desember 2020 was daar ook ‘n massiewe ontsporing tussen Tses en Asab in die Suide.
Volledige verslae is nog nie oor een van die insidente uitgereik nie. Belastingbetalers is as hoofaandeelhouers in TransNamib op deursigtigheid geregtig.
Om beskikbare inligting te deel, kan ook nie sommer interne prosesse onherroeplik skade berokken nie.
Die terugslae sluit kleiner ongelukkies hier en daar uit.
Ondanks regrukplan op regrukplan wil sake maar net nie vlot by die nasionale karweier nie. Soos by die nasionale uitsaaier, die NBC, waar ‘n maandlange staking gister sonder enige sukses vir werkers beëindig is, kom probleme by TransNamib al ‘n baie land pad. Miljarde is intussen begroot om vervalle spoorlyne op te knap, maar daar is jare se institusionele verweer en probleme wat nie in ‘n kits uit die weg geruim kan word nie.
Hoe moeilik die situasie by TransNamib is, word bewys deur die feit dat die ministerie van openbare ondernemings ondanks al die aanvoerwerk vir nuwe wetgewing steeds glo nuwe speurtogte is na wanbestuur by die karweier nodig.
Arbeids- en partypolitiek moet soos dit by Air Namibia gedoen het, nie toegelaat word om staatsondernemings te kelder nie.
So sê ander
26 Mei 2021
Cyril durf nie nou ’n voet verkeerd sit
Pres. Cyril Ramaphosa kan geen steen onaangeroer laat nie om die volle waarheid te bepaal wat betref die bewerings oor dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, en Digital Vibes, wat glo miljoene rande se werk vir sy departement gedoen het.
Adv. Andy Mothibi, hoof van die spesiale ondersoekeenheid (SOE), was vandeesweek vaag oor die besonderhede, maar het wel gesê dat hulle “beweringe oor die minister van gesondheid ontvang het” as deel van die proklamasie dat hulle ondersoek moet doen na beweerde ongerymdhede met tenders vir persoonlike beskermende toerusting.
Nie die SOE of Ramaphosa self kan bekostig om selfs die indruk te wek dat hulle voete sleep oor die kwessie nie.
Wat betref die SOE (en ook die nasionale vervolgingsgesag) is die kamp van oudpres. Jacob Zuma en die geskorste sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, maar alte gretig om te wys dat die wetstoepassingsinstellings met politieke motiewe bedryf word.
Intussen is dit ook deel van Span Ramaphosa se politieke strategie om te kenne te gee dat baie van Suid-Afrika se huidige probleme toe te skryf is aan die era van staatskaping en die “nege verlore jare” onder Zuma. Dis uiteraard ingewikkelder as dít.
Dus: Kry vinnig en omvattend al die feite en tree beslissend op.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie