Van Dyk en Rust reg vir besoekers
Total Namibië se ingevoerde 4x4 Elf Renault V8 Duster en die 4x2 Total Agri V8 Porter PR1 Sandmaster uit Suid-Afrika hou in die veldrenafdeling 'n uitdaging soos min vir die plaaslike bestes in.
Tielman van Lill - Nege veldrenvoertuie in vyf verskillende OR-klasse (Off-road) spring vandag by The Dome in Swakopmund weg vir die 2019 Total Tara-tydren met 21 spesiale sneldele (SS) oor altesame 238 kilometer wat in Windhoek eindig.
Spanne in die OR A-, OR B-, OR C-, OR D- en OR E-afdelings ding sedert 2018 vir hul eie Tara-titel mee en sal nadat die tydrenmotors vertrek het die klippe laat spat.
Sewe uit die nege OR-spanne het verlede jaar ná drie dae se harde renne by die Tony Rust-renbaan buite die hoofstad klaargemaak.
Net Wido Bartch/Marius Rudolf (4x2 Ford Courier-bakkie) asook John en Derick Clift (4x2 Toyota-bakkie) van die Wes-Kaap (beide OR D) kon nie die volle afstand baasraak nie.
Jaco van Dyk met navigator Michel Rust in sy V8 Red Lined 24/7 Race Fuels 4x4 Dakar Nissan Navara het die 2018 Tara op skouspelagtige wyse oorheers om die OR A-afdeling asook die algehele OR-titel op te raap.
Dié twee Namibiërs het in 2019 met die brullende Navara uitstekend in die Suid-Afrikaanse Cross Country-kampioenskap (SACCS) gevaar om 'n plek as deelnemer in 2021 se Dakar te verdien.
Van Dyk en Rust spring vandag met net een doel weg en dit is om hul OR-titel van 2018 suksesvol te verdedig. Of dit maklik gaan wees, sal net “die kat” (deelnemers se verwysing na die kat waarna die Tara vernoem is en die onvoorspelbaarheid van die tydren) kan sê.
Die Elf Renault-span met Johan van Staden agter die stuur en Mike Lawrenson as navigator is 'n gedugte eenheid wat met hul V8 5 liter Renault toegerus met 'n Ford Mustang-enjin die voorstes gaan uitdaag.
Tussen Van Staden en Lawrenson hou hulle drie streekskampioenskappe, twee nasionale kampioenskapstitels en twee oorwinnings in die gevreesde Kalahari-tydren. Hulle het 117 keer in nasionale tydrenne weggespring en twee keer die Dakar in Suid-Amerika gery.
“Ons sien uit daarna om ons eerste Tara in Namibië te jaag,” is al wat die Elf-span uit Gauteng oor hul vooruitsigte wou verklap.
Sandra Labuscagne-Jonck se OR E-Sandmaster is met 'n kragtige V8 Chevy LS 2-enjin van ses liter toegerus wat genoeg perdekrag uitskop om selfs die OR A-jaers se 4x4 V8's te verwilder. Sy is tans die voorste vrouejaer in die SACCS waar sy saam met Jaco Jonck, haar eggenoot, die manne opdraand gee.
Sandra het verlede jaar as navigator saam met Coetzee Labuscagne, haar pa, die afdeling vir doelgeboude veldwaens (soos OR E) gewen. Dit is haar eerste jaar as bestuurder agter die stuur van haar brullende Porter PR1-Sandmaster, wat sy soos 'n meester deur die draaie kan gooi.
“Dit is die eerste keer dat ons aan die Tara gaan deelneem en ons sien geweldig uit na die uitdaging wat voorlê. Hoewel ons al tevore saam gejaag het, is dit ons eerste seisoen as man-en-vrou-span in die SACCS,” het die Jonck-egpaar aan Republikein gesê.
WIE IS UIT?
Richard Himmel/Adolf Botes (tweede OR A en tweede algeheel in 2018) asook Stefan Labuschagne en sy broer Lappies (derde OR A en derde algeheel) neem nie vanjaar deel nie. Hennie de Klerk/Hendrik Roets (OR A) van Pretoria het ook nie weer ingeskryf nie.
In OR C sal Bertie Smith/Riaan Hennop afwesig wees terwyl die Clift-broers (OR D) ook nie die lang pad vanaf die Kaap na Swakopmund aangepak het nie. Karl-Heinz en Katja Pretorius is die enigste ander OR D-span van 2018 wat afwesig sal wees.
Die motorafdeling het wel Rolf en Kai Pretorius met sy 4x4-Subaru in die S4-klas verloor. Dié duo sal vandag in die OR E-afdeling hul stempel met sy 4x2-Sandmaster en sy V8 Chevy LS-enjin wil afdruk.
Die spanne
OR A: 1 Jaco van Dyk/Michel Rust, 2 Johan van Staden/Mike Lawrenson (RSA).
OR B: 1 Dirk Redmann/Phillip Liebenberg (4x2 Toyota Hilux-bakkie).
OR C: 1 Wido Bartch/Raymond Fourie (4x2 Ford Courier-bakkie), 2 Gert Liebenberg/Johan Thiart (Hardap Freight Services V8 4.8 liter 4x2 Tata Xenon-bakkie).
OR D: 1 Jacques Kruger/Roshé Louw (4x2 Toyota Hilux-bakkie).
OR E: 1 Sandra Labuscagne-Jonck/Jaco Jonck (RSA), 2 Rolf en Kai Pretorius (V8 4x2 Sandmaster), 3 Niekie Swart/NG Swart (4x2 Eastern One Stop V6 Chev 3.8 liter Sandmaster).
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie