Van hoenders tot Cyril se pak – ekonome is beïndruk
Volgens ’n ekonomiese raadgewer was veral Ramaphosa se aankondiging dat die staat binne twee weke ’n nuwe tariefaanpassing vir die invoer van pluimvee gaan instel om die plaaslike bedryf te ondersteun, goeie nuus.
Elvira Wood – As hy vir pres. Cyril Ramaphosa ’n punt vir sy staatsrede moes gee, sou hy hom 95% gee.
Dit was dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer van die Optimum-beleggingsgroep, se reaksie net nadat Ramaphosa sy staatsrede in die parlement in Kaapstad gelewer het.
“Ek was verbaas oor die toespraak. Daar is ’n hele paar praktiese beleidsmaatreëls aangekondig wat óf reeds begin is óf wat binnekort die lig gaan sien,” sê hy.
Botha sê veral Ramaphosa se aankondiging dat die staat binne twee weke ’n nuwe tariefaanpassing vir die invoer van pluimvee gaan instel om die plaaslike bedryf te ondersteun, was goeie nuus.
“Wat die hoenderbedryf betref, is daar nou ’n enorme ommeswaai. Ek weet Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, het baie werk agter die skerms gedoen.
“Ons sit al hoe lank met die probleem van goedkoop ingevoerde bevrore hoenders, en nou word daar uiteindelik iets gedoen,” sê Botha.
Nog iets wat hom baie beïndruk het, is Ramaphosa se erkenning dat werkloosheid onder die jeug een van die grootste probleme in die land is.
“Glo my, werkloosheid is ’n veel groter probleem as grondonteiening. Mense wil werk hê, nie plase nie.”
Botha sê dit is ook baie bemoedigend om te hoor dat Ramaphosa voet gaan neersit en daarop aandring dat staatsuitgawes besnoei word.
Prof. Jannie Rossouw van die Universiteit van die Witwatersrand se sakeskool stem saam met Botha dat daar goeie aspekte in die staatsrede was, maar lig ook ’n paar negatiewe kwessies uit.
“Die toespraak was heeltemal te lank. Ons het ’n veel korter boodskap nodig gehad,” sê Rossouw.
Hy sê wat hom ook bekommer, is dat dit lyk of dit steeds nie tot die staat deurdring dat dit ’n verlore stryd is om die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) in die lug te hou nie.
“Dit is kommerwekkend dat hy gesê het die SAL gaan weer volhoubaar wees. Daar is geen logiese rede vir só ’n standpunt nie,” sê hy.
Rossouw sê hy is egter wel beïndruk daarmee dat Ramaphosa Suid-Afrikaners daarop gewys het dat die pak wat hy gedra het, plaaslik in Suid-Afrika vervaardig is.
“Ons kan die ekonomie só ’n groot hupstoot gee as beleid daargestel word wat vereis dat staatsamptenare nét voertuie mag koop wat in Suid-Afrika vervaardig is.”
Kwessies waaroor Rossouw graag meer inligting sou wou hê, is veral die soewereine welvaartfonds wat geskep gaan word en die staatsbank.
“Die voorstel dat ’n soewereine welvaartfonds geskep word, is eienaardig. Gewoonlik word só ’n fonds net geskep wanneer ’n land sy skuld onder beheer het.
“Wat betref ’n staatsbank, kan daar net gesê word dat daar vrae gevra kan word oor of die land nog ’n staatsonderneming kan bekostig.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie