Van kleinste tot grootste knoop handskoene vas
Hoogtepunte en komieklike oomblikke wat nog lank onthou sal word, was volop laas naweek.
Andrew Poolman - Die opgang van boksers in die swaarder gewigsklasse was een van verskeie aspekte van laas naweek se amateurtoernooi op Otjiwarongo wat belofte vir die toekoms inhou.
Verreweg Namibië se twee mees suksesvolle professionele boksers in die ligswaargewig en supermiddelgewig oor die afgelope dekade wat beide op hul dag kontinentale titels gehou het, Vikapita (Beastmaster) Meroro en Willbeforce Shihepo, se era is so te sê verby.
Die 34-jarige Shihepo was nog nie weer in aksie sedert sy negende nederlaag in die beroepskryt nie, toe hy in September verlede jaar deur Callum Johnson in Manchester uitgeslaan is.
Meroro (32) is kwaai gekritiseer toe hy in Februarie halfpad deur sy geveg teen Kevin Lerena tou opgegooi het en selfs die promotors Golden Gloves het agterna geweier om sy prysgeld uit te betaal.
Hoewel hy opsigtelik oorgewig was en agterna laat blyk het dat hy sy lus vir die sport verloor het, word op die webblad boxrec aangedui dat Meroro op 24 Junie in 'n geveg in Pole teen dié land se onoorwonne 26-jarige Adam Balski (nege gewen, sewe uitklophoue) betrokke sal wees.
Die uitklophou waarmee die ligswaargewig Abed Shikongo laas naweek sy finaal by die MTC Nestor Sunshine Tobias Boksakademie se amateurtoernooi in die noordedorp se Swanevelder-saal gewen het, sou beslis die oog gevang het van die beroepspromotors wat die toernooi bygewoon het.
Uit die wêreld van Omuthiya het die swaargewig Paavo Ben sy geveg teen 'n vurige opponent uit Erongo, Kaleb Shitana, met punte gewen. Shitana het dikwels met houesarsies die gespierde Ben op die agtervoet gedwing en hom genoop om met 'n vashouery die tempo af te bring.
Oor die langer termyn is daar waarskynlik ook groot planne met Gerrie du Plooy, die skoolseun wat in die hoofgeveg van die juniors sy 70 kg geveg teen Gotlieb Nghiyangenu met 'n uitklophou in die tweede ronde beëindig het.
Amateurtoernooie soos die afgelope naweek s'n is die teelaarde waar ontluikende vegters hulle voete kan vind en hul vaardighede in die kryt opskerp.
Dit was duidelik dat bokstalent uit elke streek van die land wag om raakgesien te word en geleenthede te kry. Die teenwoordigheid van bekendes soos die huidige WBA, IBF en IBO superliggewig wêreldkampioen Julius Indongo en sy promotor Nestor Tobias, was 'n tydige inspuiting vir die motivering van die jonger geslag vegters wat drome van sukses by die Statebondspele, die Olimpiese Spele of 'n professionele loopbaan koester.
Die honderde toeskouers wat die drie dae se gevegte bygewoon het, het verskeie hoogtepunte beleef wat nog lank in die geheue sal voortleef. Die seuntjies van ses en sewe jaar oud wat met kopskerms aan in die 25 kg klas in aksie was, se drie rondes het groot waardering van die skare ontlok.
Die volledige uitslae:
JUNIORS
25 kg: Nyanyukweni Nekundi wen met punte teen Mateus Kalinkodi (Khomas) en Gideon Katutu Junior (Nampol).
32 kg: Martin Ilwenya (Khomas) wen met punte teen Kandongo Ndeshipanda (Omusati).
28 kg: Paulus Abraham (Khomas) wen met punte teen Shooya Nakathila (Khomas).
37 kg: Andreas Nghilongwa (Khomas) wen met punte teen Johannes Oswin (Erongo).
47 kg: Erick Shtana (Erongo) wen met punte teen David Shoombe (Khomas).
48 kg: Immanuel Shiloya (Khomas) wen met punte teen Tjituka Tjadero (Otjozondjupa).
41 kg: Gabriel Araeb (Otjozondjupa) wen met punte teen Ngame Shivute (Khomas).
51 kg: Nangolo Frame (Khomas) wen met punte teen Pius Naimbondi (Otjozondjupa).
49 kg: David Michael (Khomas) wen met punte teen Willem William (Otjozondjupa).
70 kg: Gerrie du Plooy (Khomas) wen met tegniese uitklophou teen Gotlieb Nghiyangenu (Omusati).
SENIOR FINALE
Ligvlieggewig (49 kg): Theodor Nuuyoma (Khomas) wen met punte teen Festus Petrus (Nampol).
Vlieggewig (52 kg): Erastus Jonas (Oshana) wen met punte teen Moses Theofelus (Erongo).
Kapokgewig (56 kg): Mathew Sem (Khomas) wen met punte teen Jamba Gabriel (Nampol).
Liggewig (60 kg): Sebastian Nuuyoma (Nampol) wen met punte teen Matheus Heita (Erongo).
Ligweltergewig (64 kg): Jason Immanuel (Oshana) wen met punte teen Martin Kambali (Erongo).
Weltergewig (69 kg): Abel Mikaiu (Otjondjupa) wen met punte teen Mosquito Shaanika (Oshana).
Middelgewig (75 kg): Bernard Bernard (Khomas) wen met punte teen Andreas Shikongo (Nampol).
Ligswaargewig (81 kg): Abed Shikongo (Khomas) wen met 'n uitklophou teen Faroku Kakololo (Nampol).
Swaargewig (91 kg): Paavo Ben (Oshana) wen met punte teen Shitana Kaleb (Erongo).
ALGEHELE TOEKENNINGS
Wenspan: Khomas. Naaswenners: Oshana.
Beste junior bokser: Martin Ilwenya (Khomas).
Beste senior bokser: Sebastian Nuuyoma (Nampol).
Beste beampte: Trefina Shivolo (Khomas).
Beste afrigter: Saima Amesho (Oshana).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie