Van kneg tot vors op Omaruru se fees
Des Erasmus - Van ‘n baanbrekersbestaan Straatlangs tot in die weelde van ‘n presidensiële suite in een van die voorste herberge in Afrika gaan op Omaruru die weg van glorie word.
Die septer gaan op ‘n verslonste wese as die wenner wys.
Die groot kans gaan op 21 September met die amptelike opening van die Kunsroete op Omaruru aanbreek. Die man of vrou op wie die geluksgodin gewag het, sal die volgende twee dae aan verworwe status bekend wees wanneer die volle Kunsroete op die rivierdorp aangebied gaan word.
Die weg na glorie strek van beginnersdae toe met die hand geëet is, dan deur die hoofstraat tot ‘n nag in die presidensiële suite van die bekroonde Strand-hotel in die Swakopmundse Mole.
Op die feestafels sal niks oorbly nie met selfs die lepels wat verorber gaan word. Al wat op een van die langste tafels in Namibië gaan oorbly, is die glase waarin van die beste wyne van die Boland saam met die fynproewerskos voorgesit gaan word. Straatlangs noem die organiseerders van die Kunsroete die fees van die vlees.
So Straatlangs gaan ‘n string tafels teen mekaar gepas word om een lang tafel te vorm. Van die gaste word verwag om hulle in die drag van toeka aan te meld, die oudste klere in die negosiekis wat danksy herinnering aan lank gelede nooit weggee- of weggooistatus bereik het nie. Die beoordelaars sal die wenner van die nag in die presidensiële suite aanwys op grond van hoe dit eens was.
Die koningskos gaan op die feestafels uitgepak word om met die hand te vat. Hulpmiddels op die gebied van eetgerei gaan hoofsaaklik die werk van die dorp se Kunsskool uit herwonne materiaal wees. Aan die einde van die fees sal dit in houers op die terrein weggegooi kan word of kan dit as aandenkings gehou word. Spesiaal vir die geleentheid gaan die lepels wees wat spesiaal van eetbare materiaal gemaak word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie