Van krokodiljagter tot natuurbewaarder
Hy het die eerste boottoere na die Okavango-delta aangebied, leeus bekruip en saam met olifante geswem.
Lloyd Wilmot het in sy vroeë kinderjare met 'n ossewa deur Botswana gereis om goedere te smous.
Hy het as 'n jong volwassene krokodille in die Okavango-delta vir hulle velle gejag en toe 'n pioniertoergids en bewaarder geword wat die eerste boottoere in die delta aangebied het. Hy het leeus bekruip en saam met olifante geswem.
Lloyd is in 1947 op Francistown in Botswana gebore waar sy pa, Bobby Wilmot, by 'n goudmyn gewerk het. Met die sluiting van die myn het die familie terug na hul plaas naby die Zimbabwiese grens getrek om te boer.
“Toe ek ses jaar oud was, het ons al etlike jare se droogte ervaar en kon my pa nie met die boerdery aangaan nie. Hy het 'n ossewa self gebou; 300 pond by 'n ander boer geleen om nog 'n wa en goedere te koop. Hy het ons osse wat ons nog op die plaas gehad het, ingespan en ons vyf kinders en sy vrou opgelaai. Vir die volgende twee jaar het ons deur die platteland getrek en goedere gesmous om aan die lewe te bly,” vertel hy.
Volgens Lloyd was die paaie baie swak of het glad nie bestaan nie, maar was die mense altyd bly om hulle te sien. Hulle het van nedersetting tot nedersetting getrek en onder meer kos, klere en materiaal gesmous.
“Ons as kinders het baie langs die wa gestap of met diere se paadjies die bos gaan verken. My ma het ons geleer om altyd op die uitkyk vir mooi klippe of kristalle te wees. Dit het ons geleer om oplettend te wees omdat ons oë altyd op die grond was.
“Die twee jaar in die bos, met snags net die sterre oor ons koppe, het 'n lewenslange liefde vir die natuur in my wakker gemaak. Die bos het geen angste vir my ingehou nie, net avontuur.”
Sy pa het toe 'n konsessie gekry om krokodille vir hulle velle in die Okavango-delta te jag.
“Ek was daai tyd in die koshuis en as ek vakansietye huis toe gekom het, het my pa altyd stories van sy jag-avonture vertel. Ek kon nie wag om groot te word sodat ek hom kon vergesel nie.”
Op 19-jarige ouderdom het Lloyd by sy pa se besigheid aangesluit om krokodille te jag nadat hy gedurende sy skoolvakansies uitgehelp het.
stomp hoek
Drie jaar later is sy pa dood nadat 'n slang hom gepik het. Lloyd het toe die besigheid oorgeneem.
“Daar is vier mense op die boot. Die bestuurder, die haker, die afslagter (“skinner”) en die jagter. Ek het heel voor op die punt met die geweer en soeklig gesit. Ons het in die nag gejag en dikwels het die seekoeie ons boot gejaag.
“Ek het met die soeklig op die water geskyn en as ek die oë van 'n krokodil gewaar het, het die bestuurder die boot in posisie gesit sodat ek kon skiet. Sodra die skoot geklap het, het die haker die krokodil met 'n stomp hoek gehaak en na die boot toe getrek. Ons het seker gemaak dat die krokodil dood is voordat ons dit op die boot gelaai en die volgende een gaan soek het.
“Dit was die familiebesigheid. Net soos 'n boer sy koeie of karakoellammers slag, het ons krokodille gejag.”
Op 22-jarige ouderdom het hy halsoorkop verlief geraak op 'n vrou - wat sy lewe sou omkeer toe sy hom twee jaar later los.
“Sy het my bewustheid oor die heiligheid van die lewe opgewek. Soveel so dat ek die konsessie twee jaar vroeër gesluit het en opgehou jag het.
“Ons het een nag op 'n groot krokodil in die vlak water afgekom. Die boot was in posisie en dit was 'n maklike skoot. Maar ek kon nie die krokodil skiet nie. Ek kon nie sy lewe neem nie en dit was my draaipunt. Ek het vir my bemanning gesê 'kom ons gaan huis toe' en met dié wat ek gepraat het, het die krokodil geduik en was weg.”
In 1967 het Bobby begin om van die jagbote in toeristebote te omskep. Lloyd het alle bote omskep en die jagbesigheid in 1970 gesluit.
“Ons het banke ingebou, dakke opgesit en hulle gemaklik gemaak en begin om fotosafari's per boot aan te bied. My familie het die weg gebaan vir die boot- en mokoro-safari's na die delta, asook die voertuigsafari's na Moremi.”
Die Crocodile Camp is omskep in toeristeverblyf en Crocodile Camp Safaris is begin.
Lloyd het toe sy eerste vrou ontmoet en twee kinders is uit die huwelik gebore.
“Sy was 'n dorpsmeisie en die bos het te veel vir haar geword. Om my huwelik 'n kans te gee, het ek 'n kantoorwerk aanvaar en ons het dorp toe getrek. Vir drie jaar het ek agter 'n lessenaar gesit en gewerk. Maar ek kon nie meer nie; ek het na die bos verlang en besluit om terug te gaan.”
In 1981 het June Anthony vanuit Engeland gekom om aan te sluit by Lloyd in Savuti in die Chobe Nasionale Park waar hy sy fotografie-safaribesigheid gestig het.
“Sy was ongelooflik. Sy het nie net alle korrespondensie en administratiewe werk gedoen nie; sy het met die toeriste gehelp en self 'n toergids geword.”
Ná vyf jaar het hul vriende voorgestel dat hulle net so wel kan trou, maar June wou eers vir 'n maand saam met vriende in Asië gaan toer.
“Ek het vir haar 'n brief geskryf en vir haar vertel wat sy nie net vir my nie, maar ook vir die besigheid beteken.
“Ek het haar in die brief om haar hand gevra en gesê dat ons saam die besigheid tot nuwe hoogtes kan neem. Ek het hom gepos.
“Maar June se een maand het in vyf verander. Die brief het nooit by haar uitgekom nie. As die brief in Thailand aangekom het, het sy al weer na die volgende land toe vertrek en so is die brief agter haar aangestuur, maar het hy altyd net te laat aangekom.”
In Australië het June intussen die rolprent Out of Africa gaan kyk en die volgende dag op 'n vliegtuig terug na Botswana geklim om met Lloyd te trou.
“Drie dae voor ons huwelik het die brief heel vol stempels en in 'n slegte toestand by die huis aangekom en kon sy hom uiteindelik lees.”
Lloyd en June het een warm dag in die rivier gaan swem. 'n Trop olifante het na die water toe gekom.
“Ek het saam met haar na die olifante toe geswem. Ons was so naby dat die druppels op ons koppe geval het as hulle met hul slurpe water in hul bekke gesit het. Dit was 'n ongelooflike ervaring vir June om so naby die reuse te wees. Ek was al daaraan gewoond, want dit was iets wat ek gereeld gedoen het,” vertel Lloyd.
“Ek en my kinders het op 'n baie warm dag in 'n waterpan gaan swem. Die olifante het weer na die water toe gekom en al die kinders het weggehardloop. My jongste dogter, Savannah (5), kon nie swem nie en ek het vir haar gesê 'hou aan my nek vas' en haar na die olifante toe geneem. Toe die ander kinders dit sien, wou hulle almal dit ook ervaar en saam met my na die olifante toe swem.”
Dit was nie sy eerste en laaste ervaringe met olifante nie.
“In 1982 het die Savuti-kanaal opgedroog. Baby Huey, 'n groot olifantbul, het soms water kom soek. Ek en June het hom water in 'n bak gegee en as hy dit klaar gedrink het, het ons die bak geskuif. So het ons hom uit ons kamp gehou en hy het sy water gekry.”
Lloyd het ook agtergekom dat as jy eerste op 'n olifant se voetpaadjie sit, sal hulle om jou loop.
“Ons het op die paadjies gaan sit en doodstil gebly terwyl die olifante aangestap kom. Soms skop hulle sand in ons rigting, maar meestal sal hulle net eenvoudig om ons stap en ons ignoreer.
“Ek glo nie daaraan dat mense mense is en diere diere nie. Ek glo ons is almal kreature van een skepping. Ons is almal gelyk geskape. Wanneer jy in die bos is en so naby aan diere, dan verdwyn die onderskeiding tussen mens en dier. Ons word een, wat mekaar moet respekteer.”
Een nag terwyl hy en June gekyk het hoe 'n trop leeus 'n buffel vreet, het die respek vir mekaar en aanvaarding van mekaar baie duidelik geword.
waterpoel
“'n Leeuwyfie het in ons rigting gekyk. Skielik het sy na ons toe begin hardloop. Ons kon die bloed van die buffel om haar mond sien. Sy het verby ons gestorm en 'n hiëna geklap wat agter ons gestaan het. Sy het omgedraai, verby ons geloop en verder gevreet.
“Net soos 'n boer wat in sy kraal met 'n klomp beeste inloop en niks oorkom nie omdat hy sy diere ken, het ek die diere geken en hulle gerespekteer.
“As 'n toergids was dit my werk om die toeris die bes moontlike fotogeleentheid te gee. In die vroeër jare het ons nie vierwielaangedrewe voertuie gehad nie en die toeriste het klein kameras gehad. Talle kere het ek uitgeklim en na die leeus toe gekruip om hul aandag te kry. Hulle is nuuskierig en volg my as ek terug na die voertuig toe kruip. Die leeus is dan nader aan die voertuig en die toeriste kan beter foto's neem.”
Op 'n dag het hy in 'n waterpoel geklim en die water gespat om die leeus se aandag te trek. Toe hy wou uitklim, het die leeus sy kant versper.
“Die water was vrek koud, maar elke keer wat ek wou uitklim, het hulle voor my kom staan. Ek het hulle natgespat en hulle het 'n entjie weggehardloop. Elke keer wat ek uit die water wou klim, het hulle onmiddellik terug na daardie kant gekom. Ek het toe modder gevat en hulle daarmee gegooi en dit het hulle laat spartel. Genoeg, sodat ek uit die water kon klim en terug na my voertuig kon kruip, inklim en wegry.
“My hoop was altyd dat die toeriste wat ek so na die leeus toe gevat het, dit nie net as opwindend gesien het nie, maar besef het ons is almal deel van die wêreld”
Lloyd is tans besig om sy avonture en lewensverhaal in 'n boek, Embers of a Campfire, saam te vat.
“Ek weet baie mense sal my kritiseer en onverantwoordelik noem. Maar mense gaan duik saam met haaie. Ek het leeus bekruip. Is daar regtig 'n verskil?
“Ek het my lewe verander van jagter na iemand wat geïnteresseerd is in hoe diere hulself gedra, hul maniere en optredes. Ek het nadat my eerste groot liefde my gelos het groot empatie met diere gevoel en wou 'n olifant gaan druk, maar het geweet ek kan dit nie doen nie en dus gedoen wat vir ons beide aanvaarbaar was.”
Vir meer inligting oor Lloyd of sy boek besoek gerus sy Facebook-blad, “Embers of a Campfire”.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie