Van lekker lag kom nóg lekkerder lag!
Woensdagaand is Lloyd Zandberg se debuutboek, Per Ongeluk, by The Book Den in Windhoek bekend gestel.
Die geleentheid is gevier met glühwein, sop en baie grappies.
Per Ongeluk is ’n reeks komiese sketse oor alledaagse gebeurtenisse. Van die verhale gaan om Zandberg se stryd met die skaal, vreemde familievriende en herinneringe uit sy kinderdae. Zandberg het die boek ook só geskryf dat daar iets is waarmee almal hulself sal kan vereenselwig. Verwysings na plekke in Namibië, wat aan almal bekend is, word ook deurlopend gemaak.
Op die boekomslag word die Suid-Afrikaanse komediant Schalk Bezuidenhout aangehaal.
Oor Zandberg sê hy: “’n Vars stem wat my hardop laat lag in publieke plekke."
Zandberg het grootgeword in beide Namibië en Suid-Afrika en het, ná hy ’n ATKV-veertjie gewen het in 2016, besluit om ’n manuskrip met sy komiese sketse aan Tafelberg-uitgewers te stuur.
Tertius Kapp, voormalige fiksie-uitgewer by Tafelberg, sê: “Min skrywers kry dit reg om snaaks te skryf. Mense lees graag snaakse stories, en komedie is oor die algemeen gewild. Maar mense besef nie hoe moeilik dit is om régtig snaaks te skryf nie.
“Ek het verskeie kere hardop gelag toe ek Per Ongeluk die eerste keer lees. Ek onthou die storie 'Wiskunde' was veral 'n treffer. En met 'Praat', wat op die ou end heel laaste geplaas is in die bundel, kon ek sien Lloyd is nie net snaaks nie, hy weet eenvoudig hoe om 'n blerrie goeie storie te skryf."
Teenwoordig by die bekendstelling was vriende, familie, vreemdelinge en verslaggewers van verskeie publikasies.
Karin Eloff, skrywer van Stiletto, was in gesprek met Zandberg. ’n Deurlopende tema tydens die gesprek was eerlikheid, en dat dit eintlik eerlikheid is wat snaaks is in die dikwels pretensieuse en kunsmatige wêreld waarin ons leef. Dit is dan ook die standaard wat Zandberg aan homself stel - om so eerlik moontlik met homself en die wêreld om hom om te gaan.
Oor wat hy met die boek beoog, sê Zandberg: “Ek wil uiteindelik my sketse opvoer. Hou ook later vanjaar Windhoek se Woordfees dop. Ek werk aan ’n produksie daarvoor.”
Zandberg is ’n kranige kok en beoog ook ’n resepteboek “vir mense wat nie kan kook nie”.
Per Ongeluk is beskikbaar by The Book Den en toonaangewende boekwinkels in Namibië.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie