Van 'n potjie room tot 'n fabriek

Fabupharm boer vooruit
Gerine Hoff
Henriette Lamprecht – Meer as twee dekades gelede skarrel Namibiërs rond om iewers ? potjie akwaroom in die hande te kry. In sy apteek op Otjiwarongo begin Fanie Badenhorst vir plaaslike kliënte akwaroom te maak. So groot is die aanvraag, dat hy sukkel om voor te bly met produksie.
? Idee begin by hom posvat om ? farmaseutiese fabriek op die been te bring wat met die grootskaalse produksie van akwaroom kan help. Dié tipe fabrieke word egter streng gereguleer en Badenhorst besluit om homself as industriële apteker te bekwaam. In 1987 skryf hy by die Universiteit van Noordwes in vir ’n meestersgraad in Farmaseutika wat hy in 1989 behaal. Kort daarna word Fabupharm as ’n maatskappy geregistreer.
Van ? fabriek wat net uit een vertrek en ? kantoor bestaan het tot ? moderne gebou met gesofistikeerde toerusting en ? reeks produkte waarvan sy bruin pot die gewildste is, is Fabupharm een van Namibië se grootste suksesverhale.
In 1990 het die maatskappy ’n beperkte aantal produkte vervaardig en ook sekere olies herverpak. Oor meer as ’n dekade het die fabriek en die produkte wat hier vervaardig word, gegroei met Fabupharm se bruin pot oftewel akwaroom, wat die gewildste onder Namibiërs is.
Met die produktereeks wat uitgebrei en die aantal personeellede wat vermeerder het, was die fabriek genoodsaak om na ’n groter perseel in Otjiwarongo se industriële gebied te skuif.
Die maatskappy se produkreeks het oor die afgelope paar jaar redelik uitgebrei, met die fokus wat op die private mark val. Soos die produkte meer en aanvraag toegeneem het, het produksie verdubbel.
Nuwe masjiene moes bygevoeg word om ’n meer doeltreffende vervaardigingsproses te verseker. Die afgelope twee jaar het Fabupharm ’n hoë verrigtings vloeistof chromotograaf, noodsaaklike laboratoriumtoerusting, ? bottel- en watersuiweringsaanleg, sakkie-vulmasjien en -menger, asook ’n kapsule poleerder aangeskaf om produksie uit te brei en te verbeter.
Uitdagings soos stakings in Suid-Afrika bemoeilik die invoer van sekere plastiekhouers, met dié spesifieke plastiekhouers wat ook nie plaaslik vervaardig word nie. Die moontlikheid van ’n vervaardigingsaanleg vir plastiekhouers is ondersoek en Fabupharm het reeds die plaaslike owerheid genader om ’n industriële erf op Otjiwarongo uit te wys waar so aanleg opgerig kan word.
Huidig is Fabupharm ook besig om die plaaslike vervaardiging van tablette te ondersoek, met die topbestuur van die maatskappy wat in die lig hiervan reeds verskeie farmaseutiese fabrieke in Indië besoek het.
Die maatskappy is ook in die proses om ? bykomende vloeistof vullingslyn aan te koop om sodoende die vervaardiging van geregistreerde medisyne te verdubbel. Die geregistreerde medisyne word hoofsaaklik aan die regering se Sentrale Mediese Store gelewer.
’n Goeie balans word gehandhaaf tussen handearbeid en masjinerie en werkverskaffing aan inwoners van die Otjozondjupastreek is ’n belangrike doelwit.
As die Namibië se eerste en enigste farmaseutiese fabriek is dit ’n 100% Namibiese maatskappy wat goeie steun van inwoners en ook die regering geniet.
Met sy visie om bekostigbare kwaliteitprodukte te lewer, is dit vir Fabupharm belangrik om wêreldklas produkte teen bekostigbare pryse aan Namibiërs te lewer. Volgens die maatskappy is produkte op dieselfde standaard en selfs beter as baie van die soortgelyke internasionale produkte wat op winkelrakke is.
Plaaslike vervaardiging help ook dat die maatskappy nie direk aan die impak van wisselkoerse blootgestel is nie en ondersteun plaaslike vervaardiging stabiele pryse. Toekomsplanne sluit aan by die maatskappy se visie om
bekostigbare kwaliteitprodukte te lewer, met voortgesette beleggings in die verbetering van sy vervaardigingsaanleg, fokus op navorsing en produkontwikkeling en ook die belegging in dié wat Fabupharm help om sy doelwitte te verwesenlik.
Die maatskappy se voortgesette beleggings het die vervaardiger se arbeidsmag met meer as 85% van 35 tot 65 laat toeneem, terwyl nuwe beleggings die personeel met nóg 35% gaan verhoog.
Danksy huidige beleggings kon die maatskappy ook vier nuwe produkte bekendstel, terwyl verdere uitbreidings op bestaande reekse ook beoog word.
Volgens mnr. Carl Brinkman, finansiële hoof van FabuPharm, sluit toekomsplanne vir die vervaardiger nuwe produksiekamers, ’n pakhuis vir produkte, die uitbreiding van die huidige kantoorblok, sowel as die opgradering van die laboratorium in. Om die maatskappy in ooreenstemming met goeie vervaardigingspraktyke (GMP) te hou, sê Brinkman, gaan verouderde toerusting met nuwe en bykomende toerusting vervang word.
In sy 2013-boekjaar het FabuPharm N$3,4 miljoen bestee om aan GMP-vereistes te voldoen. Dit het onder meer ’n interne sowel as ’n eksterne produksie-afdeling en ’n lugbeheerstelsel ingesluit.
Die maatskappy hoop om in die toekoms ook uitvoergeleenthede na naburige Afrikalande te ondersoek, terwyl FabuPharm sy voetspoor in die plaaslike mark wil uitbrei.
“Ons kyk voorts na die waardetoevoeging van produkte wat plaaslik vervaardig word en wat hoodia, duiwelsklou en Manketti-olie insluit.”
Volgens Brinkman is gesondheidsorg ’n groeiende mark en dit sluit groothandelaars wat met FabuPharm op sy rakke spog, Shoprite en Woermann Brock, in.
Die maatskappy het die laaste ses jaar 600% groei getoon.
“Ons ding internasionaal mee en moet daarom sterk genoeg wees om teen enigiemand te kan kers vashou.”
Brinkman sê FabuPharm se produkte is gemiddeld 10% goedkoper as sy eweknieë. Hy het egter beklemtoon dat dit steeds met die beste kan meeding. “Ons produkte en gehalte is góéd.”
Op ’n vraag watter FabuPharm-produk die gewildste is, sê Brinkman dit bly die “bruin pot”, oftewel sy akwaroom wat menige Namibiese skurwe hak of knie al glad gemaak het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!