Van nuuskantoor na die preekstoel
Namibia Economist se stigter en redakteur voltooi 36 jaar later sy opleiding om ’n leraar te word.
Augetto Graig - Die bekende koerantman, stigter en redakteur van Namibia Economist, Namibië se ekonomiese weekblad wat aanlyn gepubliseer word, mnr. Daniel Steinmann (59), het verlede Donderdag ’n nuwe fase in sy lewe begin. Hy het op dié dag vanaf die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika sy legitimasie verkry en word daarmee wettig toegelaat tot die amp as predikant.
Steinmann sê: “Die legitimasieseremonie is vanuit dié kerk se raadsaal in Pretoria na ons toe gestroom en ons plegtigheid is vanuit die Windhoekse kerkgebou ná die raadsaal in Pretoria gestroom. Die Dorsland-ringsvoorsitter, ds. Nelius van Niekerk het die verrigtinge in Windhoek gelei. Dit is die eerste keer dat 'n dominee aanlyn gelegitimeer word en dit is die heel eerste keer dat 'n Namibiese Hervormde dominee in Namibië legitimeer word. Ek is ook die oudste persoon wat vir die eerste keer tot die bediening toegelaat word. 'n Voormalige predikant, ds. Paul de Lange, is vroeg in sy sestigs (her)toegelaat. Hy was vroeër in sy loopbaan wel predikant.”
Nadat Steinmann 36 jaar gelede aan die einde van sy finale jaar geskors is en nie sy teologiese studies kon voltooi nie, was hy vir 22 jaar lank agnosties gewees. Gedurende dié tyd het hy en sy besigheidsvernoot, me. Desire London-Muller, Namibia Economist gevestig, wat volgende jaar die dertig jaar mylpaal sal behaal.
Sy bekende kritieke denkwyse het hom destyds die voltooiing van sy studies gekos, maar het die koerant 'n bekwame publikasie in die plaaslike medialandskap gemaak. “Ek is ’n baie kritiese denker en in die apartheidsjare het hulle nie gehou van mense wat die stelsel bevraagteken nie,” vertel hy.
“Dit is so ’n genade dat die Here die 99 skape in die veld gelos het om hierdie een te kom haal,” sê hy van sy terugkeer na die kerk.
“Toe ek die sirkel voltooi en vir die eerste keer weer kerk toe gegaan het, was dit vir my fantasties,” sê hy.
“My lewe is ’n voorbeeld dat geestelike verdieping met enige persoon op enige ouderdom kan gebeur,” sê hy.
Steinmann was van kleins af by die kerk betrokke, met Sondagskoolklasse en skoolkwartale wat hand aan hand met kerkbywoning geloop het. Sy eerste kerk herinnering is toe sy pa nagmaal toe gegaan het en hy kon nie saamgaan nie.
“Ek het gedink hy gaan na ’n partyjie toe en ek mag nie saam nie,” vertel hy.
Die pad terug na sy geloof was ook nie kort nie.
“Dertien jaar gelede het ek die pad begin stap. Dit was ’n ommekeer in my lewe. Ek het weer Bybel begin lees. My stiltetyd is nou vanaf 06:00 tot 07:00 elke dag. Op die geloofspad het ek, met die groei van my toewyding om daagliks Bybel te lees, weer my geloof gevind. Met die ommekeer kom ’n versagting van my kritiese ingesteldheid. Ek is steeds ’n kritiese denker, maar ek laat nie meer toe dat dit tussen my en God kom nie. Om ’n dienaar van die kerk en vir Christus te wees, is belangriker. Ek hou nou ’n wag voor my mond,” sê hy.
Twee jaar gelede het hy die kerkleiers in Pretoria genader, waarvan baie ou studentevriende was. Die reaksie was oor die algemeen eers verbasing, en tweedens was hulle verheug gewees, sê hy. Hulle het ingestem en hy het later – vroeg in 2020 – die sewe maande akademiese taak opgeneem om sy voorlegging en ontwikkeling van sy proefpreek oor Psalm 22 voor te berei. Ná sewe evaluerings oor sewe maande en ’n twee uur lange beoordeling deur ’n paneel van sewe, is verseker hy voldoen aan die hoë standaarde van die kerk wat al 400 jaar in Afrika bestaan.
“My daaglikse werk is steeds as redakteur van die Economist,” sê hy, “die dominee-gedeelte is ’n roeping. Hierdie is my lewenspassie,” brei hy uit. “Die geestelike meelewing is sterk” in Namibië, sê hy, “maar daar is altyd ruimte vir elke persoon om sy persoonlike lewe te verdiep,” volgens die leraar. Baie werk lê voor om die duidelike behoefte aan te spreek, maar Steinmann sien uit om rustig en kalm die taak aan te pak. “Nou is ek weer een van die kudde,” sê hy.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie