Van olifantsoene tot ‘vrot visse’ jaag
Dit was 'n week van opwinding, verrassings, jaagtogte en min slaap.
My opwinding het verlede naweek begin toe ek Okutala Etosha Lodge toe was om 'n storie oor hul weesdiere te doen wat gered en gerehabiliteer is.
Heel eerste het ek vir Frida en Amor ontmoet. Frida is 'n olifantkalfie van Purros waar haar woestynaangepaste olifantma dood en sy wees gelaat is. Amor is 'n skaap. Dié twee is beste tjomme.
Ek kry die geleentheid om vir hulle peule te voer. Frida is nie tevrede met my stadige pas nie en sy gaps die sak peule met haar slurp. Ek probeer die sak sagkens terugtrek, maar Frida se slurp pluk verbete tot sy die sak het.
Tydens 'n asemrowende sonsondergang hoor ons die vier vrygelate olifante is by die watergat. Caleb, wat tydens hul vrylating in Maart teenwoordig was, stap na hulle toe. Ek is agterna. Hulle steek hul slurpe na hom uit asof hulle vir hom dankie sê.
Toe ek weer sien, kry ek nat olifantsoene. Ek is oortrek van olifantgôp, maar in die sewende hemel toe ek aan die grootpoot se fluweelsagte oor kan streel.
Okutala Etosha Lodge het ook 'n mooi storie van renosters wat as oorlewendes van stropers kon wegstap. Ek kon renosters nog net op 'n ver afstand sien. Van naby het ek nog net die aaklige gesig van 'n gestroopte renosterkarkas gesien. Hier kon ek 'n renosterkalfie se kop streel.
Toe breek die malle verkiesingsweek aan. Ek het geweet dit gaan rof wees.
Ek skop my verkiesingswerk Woensdaggoggend vroeg by die stempunt van Elisenheim af waar die eerste keer in die geskiedenis gestem kan word.
Die middag breek die nuus dat die ses verdagtes van die Fishrot-sage by die Windhoek-polisiekantoor in hegtenis geneem is. Ek en nuusredakteur Ronelle jaag soontoe. Terwyl sy parkeer, hardloop ek in en 'n polisieman vat my agtertoe. Toe ons by die agterdeur kom, klim hulle in 'n wit bussie in. Ek word gekeer om foto's te neem en die deur word in my gesig toegeklap.
Ons sien die bussie wegjaag en besluit instinktief om dit agterna te sit. Ons stop eers by polisiekantoor by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako, maar daar is geen teken van hulle. Toe hoor ons hulle word by Seeis-polisiekantoor aangehou omdat daar enkelselle is.
By Seeis loop ons ons vas in 'n groot bruin muur van spesiale magte wat weier dat ons foto's van die ses verdagtes neem. Ons wag maar geduldig. Later loer ek by die aanklagkantoor se gordyn in. "Waarom kry hulle spesiale behandeling?" vra ek tot hul irritasie. Ek kry geen antwoord nie.
Ek word verban tot agter die heining van die polisiekantoor. Ek klim agterop 'n boer se bakkie wat besig is om te stem sodat ek foto's bo-oor die heining kan neem.
'n Bruin bakkie met donker vensters stop voor die aanklagkantoor en 'n groot man dra slaapsakke, kussings en inkopiesakke in. "As jy 'n foto van my neem, dagvaar ek jou!" skree hy vir my.
Ronelle is aan die agterkant van die gevangenis waar kiesers in die ry staan om te stem. Een van die verdagtes kry kans om te stem en Ronelle kry haar puik voorbladfoto en 'n video. Ons jaag terug Windhoek toe, want 'n koerant het 'n saktyd.
Dit was 'n mal week met laat saktye.
Dit was ook 'n week van wonderwerke waar 'n geliefde vriendin se kankertelling ná een chemosessie van meer as 450 tot 51 geval het.
Saterdag was die die dag toe ek ná presies 50 jaar, een maand en tien dae uitgevind het wie die vrou is wat geboorte aan my geskenk het.
Dit was 'n week waartydens ek en my mediakollegas hoog op adrenalien, kafeïen én seëninge was.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie