Van 'phishing' tot 'smishing' - voorkom bedrog só
Die massas trefslae wat 'n mens kry wanneer jy “bankbedrog” op jou soekenjin intik, wys wat die omvang van die probleem is.
So vinnig as wat finansiële instellings planne beraam om die bankbedrog te bekamp, so vinnig kom skelms met nuwe kuberslenters vorendag. Dit kos Suid-Afrika al sowat R1 miljard per jaar.
Dié werklikheid word uitgestippel in die jaarverslag van die bankombud.
“In 2016 het ons aansienlik meer klagtes oor internetbankwese as in 2015 ontvang. Die meeste hiervan was selfoonverwante klagtes,” sê adv. Clive Pillay, die ombud.
Selfoonverwante klagtes het met 7% toegeneem. Dit weerspieël ook 'n beduidende toename in selfoon-bankaktiwiteit – en 'n behoefte aan groter sekuriteit.
Die ombud het gevind dat die ouderdomsgroep 40 jaar en ouer die kwesbaarste is vir sulke slenters. Jonger kliënte is meer vertroud met tegnologie en daarom minder vatbaar hiervoor.
Om bedrog te stuit, is nie net banke se verantwoordelikheid nie. Hulle verbeter deurlopend hul stelsels en kliënte moet help om hul geld te beveilig.
Die algemeenste vorme van bankbedrog is:
1. Uitvissing (phishing)
Wat is dit?
Jou persoonlike inligting, soos jou wagwoord, gebruikersnaam, kredietkaartbesonderhede en ID-nommer, word op 'n bedrieglike wyse bekom. Jy kry e-pos wat lyk of dit van 'n legitieme bron, byvoorbeeld 'n bank of maatskappy, kom. (Vishing is as jy gebel word en vir dié inligting gevra word.)
Hoe werk dit?
Jy word gewoonlik versoek om op skakel te klik. Dit neem jou na 'n webwerf, wat die bedrieërs bestuur. Hulle gebruik dan jou inligting om jou geld in die hande te kry.
Hoe kan ek dit voorkom?
• Ignoreer e-pos wat lyk of dit van 'n bank kom en waarin jou persoonlike besonderhede gevra word.
• Moet nooit 'n skakel in e-pos volg na jou “bank se webwerf” nie. Tik die amptelike webadres in en let op die klein slot-ikoon wat die webwerf se kuberveiligheid bevestig voordat jy aanmeld.
• Moet nooit jou aanlyn wagwoord of PIN deel of neerskryf nie. Verander dit ook gereeld.
• Moenie die wagwoord op jou rekenaarskerm stoor of persoonlik maak nie. Skep een met irrelevante letters.
• Vermy banktransaksies op openbare plekke soos internet-kafees.
• Rus jou rekenaar met die jongste anti-virus-sagteware toe.
2. Kitsbank-bedrog
Wat is dit?
Kitsbank-bedrieërs probeer die inligting op die magnetiese strook agterop jou bankkaart en jou PIN kry deur jou kaart te verduister (“skim”), om te ruil (“swap”), te kloon of dit in 'n kitsbank te laat vassit.
Hoe werk dit?
Verduistering en kloning is waar 'n handgrootte toestel met 'n skanderingsgleuf oor die kitsbank se kaartgleuf geplaas word. Dit kopieer die besonderhede op die magnetiese strook om 'n vervalste of gekloonde kaart te maak.
Met kaartlose bedrog word 'n gekloonde kaart gebruik vir telefoniese aankope van byvoorbeeld vliegkaartjies.
Hoe kan ek dit voorkom?
• Wees bewus van wat om jou aangaan wanneer jy 'n kitsbank gebruik.
• Moenie jou kaart of PIN met enigiemand deel nie. Memoriseer jou PIN.
• Moenie jou kaart in die gleuf plaas voordat die skerm jou vra om dit te doen nie.
• Vermy 'n kitsbank met 'n leë skerm, wat swak verlig is of buite sig is.
• Staan naby die kitsbank en gebruik jou lyf om te keer dat ander sien wat jy doen.
• Hou jou hand oor die kaartgleuf om te keer dat jou kaart geruil of afgeneem word.
• Moenie hulp van vreemdelinge aanvaar nie. Misdadigers werk in spanne – een lei jou aandag af terwyl die ander met jou kaart peuter.
• As 'n kitsbank jou kaart “insluk”, moet jy dadelik jou bank se tolvrynommer bel om dit te stop.
• Plaas 'n daaglikse onttrekkingspek op jou kaart.
• Maak seker jy het jou eie kaart wanneer jy van die kitsbank wegstap.
3. Selfoon-bankbedrog
Wat is dit?
Ook bekend as “smishing” omdat 'n SMS gestuur word om die skelmstreek te pleeg.
Soos met “phishing” word jy aangepor om jou inligting te deel.
Hoe werk dit?
Die skelm kry deur jou selfoon toegang tot jou rekening en kan dan geld na ander rekeninge oorplaas, lugtyd koop of 'n kitsbank gebruik om sonder jou kaart geld te trek.
En dan is daar die berugte SIM-ruiling: Die bedrieër gebruik jou inligting om jou vir selfoon-bankwese te registreer sodat hy onwettig 'n duplikaat van jou SIM-kaart kan kry en wagwoorde onderskep wat die bank stuur.
Jou selnommer, wat op jou bankstate verskyn, kan gebruik word om toegang tot jou rekening te kry.
Hoe kan ek dit voorkom?
• Onthou, banke sal nooit jou vertroulike inligting telefonies verifieer nie.
• Moenie reageer op oproepe of teksboodskappe van onbekende nommers af nie, veral as persoonlike inligting gevra word.
• As jy 'n OTP (“one time password”) ontvang maar nie 'n transaksie gedoen het nie, moet jy lont ruik. Laat weet dadelik jou bank.
• Stel ondersoek in as jou gewone selfoonverbinding onderbreek word. Jy is dalk die slagoffer van 'n SIM-ruiling.
• Gebruik 'n wagwoord en skermslot op jou selfoon.
• Kyk mooi wie dit aanbied voordat jy jou selfoon vir kompetisie-inskrywings of oënskynlik “gratis” dienste gebruik.
• Installeer antivirus-sagteware.
• Gaan maandeliks jou rekening na vir klein, vreemde betalings.
• 'n Selfoonnommer is nie 'n bewys van iemand se identiteit of eerlikheid nie.
As jy nie die identiteit van die persoon wat vir jou sy selnommer gee kan bevestig nie, moenie by hom koop nie. -Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie