Van Pollsmoor tot prediker deur Jaun Truter
Jaun Truter vertel oop en eerlik sy verhaal van sy opgang in die misdaadwêreld – van Springbokgimnas en Sondagskoolleier na die regterhand van die baas van die Russiese mafia in Kaapstad.
Dis ’n lewe van uiterste geweld, dwelms en afpersing wat hom in Pollsmoor-gevangenis laat eindig het. Hier het God op ’n tasbare manier in sy lewe ingegryp en hom geleer om van voor af te begin.
Dis ’n verhaal wat bewys dat dit nooit te laat is om te verander nie.
Jaun Truter is tans die hoof van die Alpha-beweging in Suid-Afrika se gevangenesbediening asook die program wat na oudgevangenes omsien. Hy is van Brackenfell, Kaapstad, en studeer tans deeltyds teologie. Hy het veral ’n passie om gebroke mense tot emosionele en geestelike volwassenheid te begelei.
Van Pollsmoor tot prediker (ISBN: 9780796318183) is deur Lux Verbi vrygestel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie