Van private tot landelike skool
– baanbrekerswerk in e-onderrig
Henriette Lamprecht – ‘n Paar jaar gelede wonder die beheerraad van ‘n relatief klein private skool op die platteland watter wesenlike bydrae hulle tot onderwys in Namibië kan maak.
Vandag is die Edugate private skool op Otjiwarongo ‘n baanbreker op die gebied van aanlyn onderrig vir behoeftige skole op die platteland.
Volgens Frikkie Louw van Eduvision is die saadjie geplant met ‘n besoek aan die hoërskool Ligbron in Mpumalanga, Suid-Afrika, wat toe reeds ‘n dekade aan die stuur van iets soortgelyk was. Die konsensus was dit kan in Namibië ook werk en Edugate se beheerraad het die groen lig vir die skool gegee om met sy eie soortgelyke projek te begin.
Die besluit watter skool eerste uit die projek sou voordeel trek, het gevolg ná die bestudering van die uitslae van 2017.
“Ons het besef die Sekondêre Skool Tsumkwe sou by enige vorm van hulp baat omdat hul uitslae nie goed was nie,” sê Frikkie. Vroeg op ‘n Sondag het hy in die pad na Tsumkwe geval en ná ‘n gesprek met die skoolhoof was dit duidelik enige vorm van hulp aan die skool sou welkom wees.
Met verwysing na die nodige voorbereiding voordat die projek amptelik sou afskop, erken hy “dit was goed om nie te weet wat die projek alles sou behels het nie!”
Verskeie vergaderings het gevolg met soveel as moontlik belanghebbendes en wat van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, sakelui, maatskappye, semi-staatsinstellings, studenteorganisasies en “elke persoon of instansie wat belangstelling sou toon”, ingesluit het.
In totaal is 25 voorleggings gedoen en afsprake gemaak, en sowat 35 000 km hiervoor afgelê. Verlede jaar is met verskeie moontlikhede geëksperimenteer om gereed te wees wanneer die projek in 2019 sou begin en ook om saam te val met die implementering van die nuwe leerplan vir graad 10. Agt werkwinkels is aangebied en ook deur Frikkie en sy span bygewoon om hul vaardighede vir die nuwe verwikkelinge te slyp en die kennis met hul kollegas op Tsumkwe te deel.
Die skep van die nodige infrastruktuur by die sekondêre skool op Tsumkwe was aanvanklik ‘n uitdaging, sê Frikkie.
“Die skool het geen internettoegang gehad nie en om die hele projek te laat slaag, moes ons baie seker maak daar is konstante elektrisiteit en betroubare internet.”
Laasgenoemde het gerealiseer danksy ‘n vergadering op Tsumkwe met NamPower en B2Gold (een van die heel eerste borge) wat ingestem het om die sogenaamde “slimborde” (smart boards) te verskaf. Paratus het op dieselfde dag ingestem om as deel van hul borgskap die nodige satellietverbinding op te rig. NamPower het intussen hul tevredenheid uitgespreek oor die bestaande elektrisiteitsvoorsiening aan Tsumkwe.
“Ons het daardie dag die rubicon oorgesteek. By monde van Julius Ceasar het ons besef ‘we have reached the point of no return’. Ons sou nooit hierdie vertroue, waar daar nog geen bewyse van enige iets was, sou wou teleurstel nie.”
Ook by Edugate was dit nodig om hul infrastruktuur vir die projek aan te pas. Aangesien alles via satelliet na Tsumkwe herlei moes word, was die skool se bestaande bandwydte nie voldoende nie. Telecom het hande met die skool gevat en hul optiese vesellyn tot in Windhoek aan die skool beskikbaar gestel. Paratus het op hul beurt die inligting daarvandaan oor ‘n afstand van sowat 37 500 km per satelliet na Tsumkwe herlei en dieselfde pad en afstand weer terug met ‘n skamele 720ms vertraging herlei. Intussen moes Edugate ook die destydse satellietverbinding opgradeer om aan die nuwe behoeftes te voldoen. Drie borde moes ook geïnstalleer word wat veral die regstreekse uitsendings na Tsumkwe volgens Frikkie “’n duur oefening” maak. Drie klasse moes hiervoor voorberei word en wat elkeen ‘n goeie beeld en klankmateriaal kon verskaf.
Aanvanklik is op vyf vakke vir die regstreekse uitsendings besluit en wel wiskunde, biologie, skeinat, rekeningkunde en Engels. Dié vyf vakke vorm die kern van enige toekomstige studie- en beroepskeuses.
“Ons is van mening dat die hap hier te groot was. Op die oomblik kom ons vanweë die koste-aspek nie by laasgenoemde twee uit nie.”
Frikkie is egter oortuig dat wanneer wiskunde, skeinat en biologie goed in plek is, die ander twee vakke bygevoeg sal word.
Aangesien daar nie ‘n resep is waarvolgens Edugate kon werk nie, erken hy daar is steeds “’n klomp verrassings” wat gereeld opduik sonder dat hulle voorbereid daarop was.
“Veral op tegniese kant moes daar baie aanpassings gemaak word. Net toe ons die direkte uitsendings redelik onder die knie het, is daar met ‘n nuwe fase met die opneem van lesse begin. Ons onderwysers moes gou aanleer daar is kinders ver van ons af wat alles hoor en sien wat in die klas gesê en gedoen word.”
Lesstrukture moes verander word om by die nuwe vorm van onderrig aan te pas, met tye moet na die kamera gekyk word om die klas op Tsumkwe deel te laat voel van die onderrig, en onderwysers moet let op hul spraaktempo en uitspraak.
“Ons is nog besig met ‘n intensiewe leerproses om by die nuwe vorm van onderrig aan te pas.”
Tans baat 70 graad 10- en 12-leerlinge op Tsumkwe en 41 leerlinge van Edugate, ‘n totaal van 111 leerlinge, direk by die aanlyn onderrig. Die projek sprei binnekort ook sy vlerke na Okakarara wat die totaal leerlinge dan tot sowat 380 sal verhoog.
Volgens Frikkie skop die hele proses af met die juffrou by Edugate wat ‘n “vergadering” skep op ‘n tyd en ‘n dag soos ooreengekom op die rooster. Tsumkwe val by die “vergadering” in, wat beteken die leerlinge en onderwyser op Tsumkwe kan die onderwyser in Edugate sien en hoor.
Vrae en antwoorde word uitgeruil en die leerlinge op Tsumkwe kan ook gevra word om op die bord die wiskundeprobleem te voltooi. Terselftertyd verskyn dit wat die leerling op Tsumkwe skryf op die bord in Edugate en die onderwyser kan daar en dan die regstelling doen indien nodig of dan die regte antwoord te versterk met ‘n “goed gedaan!” Ouditiewe, visuele en interaktiewe skryf vind dus gelyktydig plaas.
Frikkie beklemtoon aanlyn onderrig kan “nooit, maar nooit, die onderwyser vervang nie”.
“Ons wil hoogstens bystand lewer en van hulp wees aan veral daardie plattelandse skole wat nie altyd toeganklik vir onderwyshulpmiddele is nie. Dit is slegs ‘n baie beskeie poging om, sou die leerling en onderwyser in ‘n stedelike skool toegang tot ‘n YouTube-stelsel in die les het, ons daardie selfde toegang aan leerlinge in die platteland bied. Sou ‘n leerling in ‘n stedelike skool ‘n les op sy of haar selfoon kan aflaai om weer en weer daarna te kan kyk, moet ‘n leerling op die platteland ook dieselfde geleentheid kan hê. Dieselfde geld, sou leerlinge op die platteland, om welke rede ook al, nie handboeke vir die nuwe sillabus het nie, of wanneer ‘n onderwyser vir ‘n tyd afwesig is, ons van Eduvision se kant vir hulle van hulp kan wees.”
Eintlik het hulle niks nuuts gedoen nie, sê Frikkie.
“Alles wat ons gebruik, is en was al reeds daar. Ons probeer die tegnologie net so wyd as moontlik gebruik om die onderrig- en leerproses ook in afgeleë gebiede so sinvol moontlik te probeer maak.”
Eduvision huldig ook die mening dat elektroniese onderrig op nasionale vlak kan funksioneer.
“’n Mens raak amper uitasem as jy dink wat die moontlikhede is. Ons is nie is besig om krapmerkies op die ysberg te maak nie. Wat van die laerskool, sielkundige dienste by skole en gemeenskapsbetrokkenheid, om maar net ‘n paar te noem. Die moontlikhede en aanwending is legio”
Benewens uitbreidings na die sekondêre skool op Okakarara en die Junior Sekondêre Skool Waterberg, is planne ook onderweg om ook na die Kunenestreek uit te brei. Samesprekings vir laasgenoemde het reeds op Khorixas plaasgevind.
“Ons kan vanjaar 500 leerlinge by die projek betrek; 499 sal nie goed genoeg wees nie!”
Frikkie erken die koste verbonde aan die projekte is veral in die implementeringsfase hoog.
“Ons gaan die hele doel van die projek verloor as ons by Edugate op eie stoom moet voortgaan. Ons is so vreeslik dankbaar teenoor borge wat reg van die begin af ons hand gevat het toe die projek nog net ‘n gedagte was, ook die wat later aangesluit het om momentum daaraan te gee. Hoe sal ons ooit met woorde kan dankie sê?”
Die borge wat van die begin deel van die projek was en is, sluit B2Gold, First Rand Namibia, GB Brokers CC, Namib Mills, NamPower, Northern Fuel Distributors, Paratus, Petrosol, Telecom en SGA in.
“As ons een wens het, is dit om hierdie borge nooit teleur te stel nie en het ons die hoop daar is leerlinge in die toekoms in wie se lewe hierdie beleggings vrugte afgewerp het.”
Die feit dat die lesse opgeneem word, maak Eduvision opgewonde, erken Frikkie, omdat dit letterlik duisende leerlinge kan betrek.
Volgens hom is dit ook die einddoel van die hele projek om standaardlesse volgens die Namibiese sillabus beskikbaar te stel aan elkeen wat die behoefte daaraan het. Die lesse word by wyse van ‘n video opgeneem. Tans ontvang leerlinge in Tsumkwe ook die lesse wat in pdf-formaat in harde kopieë omgeskakel is, en wat hulle kan liasseer en gebruik na gelang van behoefte.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie