Van proefbuis tot uitslag
Elke monster ''n unieke nommer
Henriette Lamprecht – Patologiedienste is nie ’n baie sigbare deel van pasiëntsorg nie, tog is dit ’n noodsaaklike mediese diens wat sowat 70% van alle mediese diagnoses en elke kanker-diagnose verskaf. Dit is ewe belangrik in die hantering van die meeste chroniese siektes soos suikersiekte (diabetes mellitus); hartvaatsiektes (kardiovaskulêre siektes), artritis, hepatitis en MIV.
Volgens die kliniese patoloog, dr. Henriette Roux, speel patologie ook ’n baie belangrike rol in die sifting en vroeë opsporing van siektes.
“Van ’n patologie-laboratorium word verwag om nie net toetsresultate te genereer nie, maar ook ’n konsultasiediens te verskaf aan klinici – dit is wat in wese ’n patologie-laboratorium van ’n mediese tegnologie-laboratorium onderskei.”
Patoloë in diens van dié instellings is in staat om konsultasie en diagnostiese dienste aan klinici te verskaf en is gekwalifiseerde mediese dokters wat verder gaan spesialiseer in die laboratoriumdiagnose van siektes/patologie.
“Deur van ’n patologie-konsultasiediens gebruik te maak, kan tot 30% van onnodige toetsaanvrae uitgeskakel word. Vir ’n korrekte diagnose moet spesifiekgerigte toetse aangevra word, nie ’n battery toetse in die hoop dat mens iets tref nie! Dikwels lei dié metode van toetsing mens eerder op ’n dwaalspoor. Dit is hoekom laboratoriums die aanvraag van toetse beperk tot professionele mediese personeel/dokters.”
Van die vernaamste elemente waaraan goeie laboratoriumpraktyk gemeet word, is onder meer hoë gehalte resultate wat voldoen aan internasionale standaarde (m.a.w. die resultaat wat hier vir jou toets gegenereer word, moet ooreenstem met resultate wat elders in die wêreld deur kwaliteit laboratoriums gegenereer word). Die resultate moet betroubaar, doeltreffend en veilig wees, terwyl die diens beskikbaar (24-uur en met ’n aanvaarbare omkeertyd) en bekostigbaar moet wees.
Volgens Roux moet die laboratorium ook deelneem aan eksterne gehaltebeheerprogramme vir elke toets wat in die laboratorium gedoen word. Dit moet voorts geakkrediteer wees deur ’n liggaam en proses van internasionale aansien (soos SANAS en ISO15189)
Watter tipe monsters word versamel en ontleed?
Elke laboratoriumtoets wat uitgevoer word, vereis ’n spesifieke tipe monster (hetsy speeksel, bloed, vog, stoelgang, weefsel in formalien) wat aan spesifieke versamelingsriglyne moet voldoen.
Dit sluit die tyd van versameling, die hoeveelheid wat nodig is vir elke toets, asook hoe lank die monster stabiel sal wees vir die uitvoer van toetse.
“Party toetse moet bv. binne twee ure ná versameling gedoen word, terwyl ander onder korrekte bergingsomstandighede vir jare gebêre kan word. Dikwels kan verskeie toetse op een buisie gedoen word soos lewerfunksietoetse, ’n vastende lipogram en serologie.
Hoe weet ek dis my monster wat ontleed is?
Wanneer ’n monster versamel word, word ’n pasiënt op verskillende maniere identifiseer om te verseker dat geen monsteromruiling kan plaasvind nie.
“Die proses mag vir die publiek baie omslagtig voorkom, maar dit is van uiterste belang vir korrekte pasiënt-identifisering.”
Dadelik na versameling word elke houer met die pasiënt se naam en geboortedatum gemerk. Elke monster kry ’n unieke rekenaarnommer wat outomaties deur die analitiese instrumente met ontleding gelees word. Dié resultate word direk elektronies teruggestuur na die mediese rekenaarstelsel wat al die ander demografiese inligting van die pasiënt bevat. “Nog ’n baie belangrike komponent is absolute pasiëntvertroulikheid.”
Wat gebeur ná versameling met my monster?
Vanaf die plek van monsterversameling word die bloed deur bodes by die onderskeie punte van ontleding afgelewer. Sommige toetse kan by die laboratorium waar dit versamel is, gedoen word, terwyl meer gespesialiseerde toetse na Pathcare se verwysingslaboratoriums gestuur word. Dit geskied twee maal per dag via pad- en lugvervoer.
In die laboratorium word die onderskeie monsters geskei na die spesifieke afdelings waar ontleding plaasvind. Die laboratorium is verdeel in verskillende afdelings soos chemiese patologie, hematologie, mikrobiologie, endokrinologie, sitologie, molekulêre toetsing, histologie en serologie.
“Deesdae is baie van die ontledings geoutomatiseer wat help dat resultate vinniger as 20 jaar gelede beskikbaar is. Dit is egter nie ’n proses waar bloed net op ’n instrument gelaai kan word en ‘abrakadabra’ na ’n rukkie is die resultaat beskikbaar nie.”
Volgens Roux moet baie prosedures vir akkurate prosedures agter die skerms gebeur. Die instrumente se instandhouding word ook op ’n daaglikse basis gedoen, terwyl daagliks kontroles en kalibrators ook saam met die pasiënt-monsters ontleed word om te verseker dat die resultate betroubaar en akkuraat is.
Verder neem al Pathcare se laboratoriums ook deel aan interne en eksterne gehaltebeheerprogramme wat verder akkuraatheid van resultate verseker. Al die laboratoriums van Pathcare is ook geakkrediteer deur ’n internasionale liggaam (SANAS: ISO 15189), wat beteken dat elke toets aan standaard operasionele prosedures moet voldoen.
“Die proses toets elke aspek van monsterversameling tot by die uiteindelike uitgee van ’n pasiënt se resultaat.”
Hoe lank neem dit om ’n resultaat te genereer?
Sommige resultate is beskikbaar binne een tot twee ure ná ontvangs in die laboratorium, terwyl ander meer gespesialiseerde toetse weke mag duur voor resultate beskikbaar is. Nie alle toetse is geoutomatiseer nie en sluit monsters vir mikrobiologie en histologie/sitologie in.
“Mikrobiologiemonsters word uitgeplant op verskillende tipes agarmedia en geïnkubeer om bakterieë te kweek. Daarna word die organismes geïdentifiseer en antibiotiese sensitiwiteitstoetse daarop uitgevoer.”
Histologie-monsters moet ná ontvangs verwerk word in formalien, ingebed word in was, opgesny en gekleur word. Elkeen van die snitte word dan individueel mikroskopies ondersoek, waarna die patoloog ’n verslag opstel wat die diagnose bevat.
Wat word van my bloed of monsters na ontleding?
Ná ontleding word die onderskeie monsters by ’n voorgeskrewe temperatuur en tydperk vir elke spesifieke toets gestoor.
“Roetine bloedbuisies word vir ’n tydperk van twee weke by 2° – 8° Celsius gestoor. Ander monsters kan vir maande tot jare by -20° Celsius gestoor word. Histologie-skyfies moet vir minstens 20 jaar gestoor word.”
Wie werk almal in ’n laboratorium?
Verskillende rolspelers is by die proses van monsterontleding betrokke: Die administratiewe personeel wat pasiënte se data versamel en invoer asook rekeninge uitstuur; bodes wat die bloed/monsters vervoer na die dienspunte en weer resultate gaan aflewer en die verpleegkundiges/flebotomiste wat die monsters versamel.
“Pathcare het in 2013 begin om ’n unieke kategorie vir flebotomie op te lei wat hierdie monsterversamelingsdiens kan verrig. Sodoende hoef ons nie verpleegkundiges te onttrek uit hospitale en ander sentra waar hulle dienste meer noodsaaklik is nie.”
Die rolspelers sluit ook laboratoriumassistente in, wat die monsters skei en die resultate uitgee, asook mediese tegnici en tegnoloë wat die ontleding in die verskeie afdelings doen. Pathcare is ook die enigste laboratorium in Namibië wat mediese tegnikusse in-diens oplei. Mediese tegnoloë kry hul opleiding by erkende tersiêre instellings.
Dit sluit voorts patoloë in wat mikroskopie en diagnoses doen op weefsel, uiteindelik resultate hersien met gepaste mediese kommentare soos diagnoses en ook moontlike behandelingsopsies en voorstelle vir verdere toetsing indien nodig. voorstel.
Wat is die funksie van ’n patoloog?
Patoloë is gekwalifiseerde mediese dokters wat vir ’n verdere vier tot vyf jaar spesialiseer in die diagnose en hantering van menslike siektes met behulp van laboratoriummetodes/tegnieke.
Die verskillende patologie-dissiplines sluit onder meer histo-/sitopatologie, forensiese patologie, mikrobiologie, chemiese patologie, hematopatologie en kliniese patologie in. Laasgenoemde kombineer die dissiplines van chemiese patologie, hematologie en mikrobiologie.
Patoloë is betrokke by die dag-tot-dag-sorg van pasiënte deur die verskaffing en vertolking van laboratoriuminligting. Sodoende help hy/sy om diagnostiese probleme op te los.
“Dikwels word die patoloog as die dokter se dokter beskou. Hy of sy is nie net ’n konsultant nie, maar ook leermeester, in beheer van gehaltekontrole en dikwels aktief betrokke by navorsing. Hulle is die ‘low-key folks’ agter die skerms.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie