Van rooi kaart tot kaptein
Van rooi kaart tot kaptein

Van rooi kaart tot kaptein

Rugby
Tinus van Staden



Die slot Ruan Botha sal die Haaie môre vir die eerste keer op die veld lei wanneer hulle die Pumas vir 'n Curriebeker-wedstryd in Durban verwelkom.

Botha het op 24 Junie laas rugby gespeel toe hy vir die Suid-Afrikaanse A-span teen die Franse Barbarians uitgedraf het. Hy het 'n rooi kaart vir 'n gevaarlike duikslag in dié wedstryd gekry en is gevolglik geskors.

Die Haaie se Super­rugby-kaptein, Philip van der Walt, is een van vier spelers wat nie vir die Durbaniete in die Curriebeker-reeks beskikbaar is nie, omdat hy in Japan gaan speel.

Lwazi Mvovo, Stephan Lewies en André Esterhuizen is ook in Japan.

Keegan Daniel het die span verlede week teen die Vrystaat-Cheetahs aangevoer in die afwesigheid van verskeie sleutelspelers wat in die Superrugby-reeks se kwarteindstryd teen die Leeus in aksie was.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-02-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer