Van Rooyen boei met nuwe boek
Piet van Rooyen is sy boeiende self in sy nuwe roman, By die brandende berg, waarin die aktuele tema van die nuwe stormloop vir Afrika se minerale en ander hulpbronne – dié keer deur die Chinese – met die hoofkarakter se lot verweef is.
Die temas in Joseph Conrad se Heart of Darkness weerklink op betekenisvolle wyse in die uitbuiting waaraan die Kongo, en in dié roman ook Namibië, opnuut onderworpe is.
Hond eet hond in die gulsige soeke na vinnige rykdom.
By die brandende berg vlek die donker aanslag van Afrika se hulpbronrowers oop.
Dit is boek nr. 23 op Van Rooyen produktiewe skrywerskerfstok, en ofskoon resepmatig, een wat 'n belangrike tema pakkend takel.
Net soos sy vorige romans is dit op ’n ware verhaal gegrond, met die protagonis ’n ruwe karakter wat sy ding doen binne Afrika as eksotiese agtergrond.
Ná ‘n mislukte huwelik en die dood van sy dogter, gaan soek die prokureur en perdeteler JJ van Solms sy rykdom in die kobaltriwwe van die Kongo. Maar dinge loop lelik skeef toe hy deur die regering gedwing word om twee Chinese vennote by sy mynbouplanne te betrek. Hy bring een om die lewe toe sy eie oorlewing op die spel kom.
Met sy nuwe, jong vrou, Dominique, en hul twee kleuters moet hy uit die Kongo vlug, weg van sy ander wraaksugtige vennoot, Jack Huang. Hy gaan soek met sy familie skuiling op Uis in die skadu Namibië se Brandberg. Steeds hoopvol dat hy sy fortuin sal vind, grawe hy en sy span werkers prospekteringslote op soek na tantaliet.
Ingeligte lesers sal Chris Becker, die kruppel natuurbewaarder met ‘n diepgewortelde bewaringsetiek en 'n groot kommer oor die natuurleweplundering in die gebied, gou eien. Ook dié natuurman van die Noordweste is op ‘n ware karakter gegrond.
Benewens dat Van Rooyen goeie navorsing doen oor sy karakters en die omgewing waarbinne die storie afspeel, is sy ander sterk punt dat hy die spanningslyne van meet af aan styf gespan hou. Sy sinne is kort, treffend, en sy karakters oortuigend en geloofwaardig.
Van Rooyen se beeldryke beskrywings verdien vermelding. Sommer op bladsy een oorrompel hy al die leser: “Die polsing van die hittegolwe oor die landskap maak dit lyk asof die hele Berg soos ’n soort oerkolos aan die aanstap is, swaar uit sy oorsprong en koppig vorentoe deur tyd.” Beter as dít kan die landskap by Uis nie met woorde geskilder word nie.
In By die brandende berg verpak Van Rooyen 'n noodsaaklike blik op die gulsige hulpbron- en wildlewevergrype aan die hand van die nuwe kolonialiste op uiters leesbare wyse.
*Penguin. Uitgewersprys: R250
KASSIE
So sê ander
Christiaan Bakkes, skrywer en voormalige natuurbewaarder van die Noordweste:
Die boek is 'n kommentaar op 'n hele nasie wie se ekonomie op mynwese gebou is. Dit bring die ondermyning van die morele integriteit wat die gejaag na minerale rykdom veroorsaak, mooi na vore. Soos die olieboor by die Huabmond wat verrot en verroes en totaal in duie stort in die ongenaakbare landskap. Die slagoffers van hulle eie hebsug en inhaligheid eindig op plekke soos Uis en Opuwo en Kamanjab, steeds ongeneeslik opportunisties, maar uiteindelik verslaan. As dit nie tantaliet, koper of kobalt is nie, sal diamante, renosterhoring, ivoor of ietermago, vleis en velle ook doen. Enige iets. Die mynwese leer mens skelm wees en kanse vat.
Prof. André du Pisani, akademikus, meningsvormer en kunskenner:
Dit is 'n werk wat die klein en die groot skelmstreke en onderduimsheid van die draai van die eeu goed oopboor. Die natuur wen ten laaste, maar nie nadat dit baie seergemaak is nie. Die letsels is daar soos brandnetels en haarwurm. Ons duiwel eers alles op wat ons kan, en leef dan op die rand van die gebrokenheid. Marginaal, maar skelm en uitgeslape. Ons stroop al die murg weg en laat die bene agter. . . Menslike roofdiere wat mekaar ook opvreet.
KASSIE
Van Rooyen in kort
Piet van Rooyen (66) se boek Die Spoorsnyer was in 1994 die wenner van die Tafelberg/Sanlam/De Kat-romankompetisie en het ook die CNA-prys vir ’n debuutroman verower.
Sedertdien het Van Rooyen verskeie romans en digbundels uitgegee en in 1998 die M-Net-prys vir letterkunde met Die Olifantjagters gewen.
As Windhoekse predikantskind en ’n oudskolier van Windhoek Hoërskool, het hy hom aanvanklik in die akademiese wêreld op Stellenbosch ingegrawe. Met onafhanklikwording keer hy na Namibië terug waar hy op ’n plaas by Gobabis die plaaslike bevolking namens die San-stigting leer boer. Die Spoorsnyer, wat in die tyd verskyn het, is geïnspireer deur die lewe van die bobaasspoorsnyer Paul Chapman.
In 1996 begeef hy hom weer tot die akademie waar hy steeds by die Universiteit van Namibië as professor in politieke studies klas gee. Deesdae is hy hoof van hierdie universiteit se militêre skool.
Hy was al kaptein van die Namibiese visskietspan en het ook in perdrykringe (uithouritte) naam gemaak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie