Van spot kom spyt
ONTGOGELD SKRYF: Die mensdom sit met ’n helse probleem, nie net in grootte nie, maar ook in oorsprong. En dit het alles as ’n grap begin.
Ek onthou my heel eerste kennismaking daarmee. ’n Foto, let wel nie ’n prentjie nie, van ’n grote krokodil in die middel van die pad. Padwerkers het glo sowaar die sperstreep sommer bo-oor die ongedierte geverf. Dit was tegelyk amusant en verontwaardigend.
Toe verskyn ’n reeks foto's, let wel, van argeoloë by die beendere van die reuse waarvan Genesis 6:4 en Numeri 13:33 praat. Daar sit die argeoloog soos ’n sprinkaan in die neusholte van die reuseskedel. Ek sien dit met my eie oë!
Asemrowend!
En kan jy glo, ’n paar jaar gelede hoor ek met my eie ore hoe ’n gewese Amerikaanse president sy ringkoppe toespreek en in suiwer Afrikaans sê: “Die beste plek om vakansie te hou, is Henties.”
Dit lyk asof ’n kompetisie uitgeskryf is vir wie die grootste leuen in die beste waarheidsbaadjie kan tooi. Asof met ’n ontploffing word die eeue-oue waarheid van “sien is glo” van die tafel gevee en die ewe groot waarheid, “van hoor en sê, lieg mens veel”, sit die hele tafel vol.
Die dae van “dit was oor die nuus” en daarom was die waarheid daarvan gewaarborg, is vir altyd verby.
Ons word toegegooi onder fopnuus. Dit ontaard in spotterny en selfs laster. Van die grootste rampe word ’n gekkespul gemaak. Jou asem slaan weg en jou knieë knak voor soveel smart en ellende, net om later te hoor jy is vir ’n “fool” gehou. Jou hartroerende gebede vir die slagoffers was ’n grap!
Óf ek juig oor goeie nuus, met foto’s gestaaf. Ek stuur dit vir al my kennisse, vriende, familie. Binne tien minute keer iemand ’n emmer koue water op my kop om. Daardie foto’s is al agt of meer jaar oud en hou geen verband met die “goeie nuus” nie.
Ek is nóg ’n keer vir die gek gehou.
En nou sit ons met Covid en ’n verdeelde mensdom.
Die vaccers skreeu: “Julle is waningelig, domastrant. Julle speel met jul lewens. Julle is ’n gevaar vir die samelewing. Daar moet teen julle opgetree word. Luister julle dan nie na navorsers en kenners nie?”
Die non-vaccers skreeu: “Julle is met ’n slap riem gevang, geïntimideer met vrees. Julle sluit julle oë en ore vir feite. Luister julle dan nie na navorsers en kenners nie?”
Nog ander skreeu: “Dis ’n sameswering, ’n duiwelse komplot. Dis die merk van die anti-chris. Bly weg! Luister julle dan nie na Bybelkenners nie?”
Na wié moet ons luister? Wie moet ons glo? Vir jare is ons gevoer met “waarheid” net om uit te vind dis alles bog.
Die vaste fondasie van waarheid is weggekalwe.
Sou ons wáárlik kon weet, glo en vertrou, sou ons hande vat en een front teen die onheil vorm. Soos vroeër, voor die liegplaag ons getref het.
Maar nou kán ons nie meer glo nie; nie ons eie oë nie en ook nie ons eie ore nie. Ons kan niemand meer glo nie – altans niemand op aarde nie. Wie met kookwater gebrand het, blaas vir koue water ook...
Die grap was nooit ’n grap nie en van spot kom toe spyt. Nou strompel almal soos blindes en dowes deur die skemerwêreld van wantroue voort.
Erken tog maar: ons weet nie rêrig nie.
Daarom: weerstaan en laat staan die meerderwaardige vyandigheid. Wie sê jy's reg?
Behou en beoefen die nederige omgee vir mekaar. Ons soek maar almal na waarheid.
Ons sit almal in dieselfde bootjie, die “ek-weet-nie-bootjie.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie