Van topatleet tot afrigter
Om kinders 'n passie vir 'n gesonde leefstyl te gee, is haar doel.
Tanja Bause
Al wat sy wou doen, is om kinders vir driekamp lief te maak.
Daarom, sê Charmaine Shannon, het sy die T-Rex Tribe begin.
Charmaine, wat op Tsumeb gebore is, het ná skool 'n jaar lank in Suid-Afrika vir Sports for Christ Action gewerk voor sy 'n driejaarkursus in natuurbewaring in Namibië voltooi het.
“Toe ek klaar gestudeer het, wou ek 'n jaar lank net sport doen en oefen. Maar ek het vinnig besef ek moet ook geld verdien. Ek het as kelnerin begin werk en ook by die Olimpiese komitee.”
Terwyl sy by die Olimpiese komitee gewerk het, het sy gehoor van 'n beurs wat die Internasionale Olimpiese Komitee aanbied en daarvoor aansoek gedoen.
“Ek het 'n beurs vir een jaar se sportontwikkeling in Kanada gekry. Ek het op driekamp, fietsry, swem, hardloop en bergfietsry gefokus. Terwyl ek daar was, het ek ook sportsielkunde en afrigting geswot.”
Met haar terugkeer na Namibië het Charmaine as afrigter in verskeie sportsoorte gewerk.
Sy het onder meer tennis en swem afgerig en in 'n gimnasium gewerk. In 2005 het sy namiddae klein groepe kinders begin afrig.
“Ek het ook daai jaar al met driekamp, aktiwiteite en kampe begin. In 2009 het ek besluit om nie langer vir ander mense te werk nie en het ek voltyds met T-Rex Tribe begin.
“Soggens gedurende skooltyd rig ek die kinders in swem en fietsry af. Smiddae rig ons multisport af. Ons hou een keer 'n maand 'n aktiwiteit en elke vakansie 'n kamp.
“Omdat ek natuurbewaring gestudeer het, probeer ek die kinders van natuurbewaring bewus te maak. Die kampe is ook net om weer kind te wees.
“Die kinders trek tou, skiet kettie en slaap in 'n tent. Alle kinders is welkom om deel van die kampe te wees, al is hulle nie deel van die T-Rex Tribe nie,” sê Charmaine.
Kinders van so jonk as twee jaar oud kan leer swem en fietsry. Hulle neem ook aan die aktiwiteite deel en kan van vyfjarige ouderdom af saamkamp.
Volgens Charmaine was T-Rex se doel om driekamp te ontwikkel, maar kinders hou nie van so baie sport nie en wil eerder net swem of fietsry.
“Dit beteken nie ons skeep driekamp af nie. Daar is wel kinders wat belang stel, en driekamp bly my passie.”
Sportloopbaan
Charmaine was in 'n stadium een van die top- vrouedriekampatlete in Namibië. Sy het terwyl sy in Kanada gestudeer het, provinsiale kleure vir driekamp in die land gekry.
“Ander hoogtepunte sluit die Cape Epic in wat as die Tour de France vir bergfietsry beskryf word, wat ek in 2007 gery het. In 2010 was ek as afrigter saam na die Jeug- Olimpiese Spele in Singapoer. In dieselfde jaar was ek ook in Dubai by die Biathlon World Cup. In 2002 het ek aan die wêreldkampioenskappe vir driekamp-langafstand in Frankryk deelgeneem. In 2014 was ek weer in Frankryk vir die kano-polo-wêreldkampioenskappe en in 2012 was ek in Duitsland saam met die vlugbalspan.”
Charmaine was ook al president van die driekampfederasie.
“Tot 2014 was ek baie besig met sport en toe raak ek te besig met werk. Nou neem ek vir die pret aan hindernisbaanwedlope en driekampe deel. Ek het ook al aan alle fietsry- en hardloopwedrenne in Windhoek deelgeneem.”
CSR multisport-reeks
“Ek is deur 'n Amerikaner, Gabe Manner, genader om die CSR multisport-reeks in Namibië aan te bied. CSR staan vir sentrale sporthervorming en die doel is om meer twee- en driekampe in Wes-Afrika aan te bied vir Olimpiese ontwikkeling.”
Die eerste driekamp is verlede jaar op Walvisbaai gehou. Vanjaar is een reeds op Walvisbaai gehou met nog kompetisies wat in Windhoek, op Swakopmund en Walvisbaai gehou sal word.
“Namibië, Kenia, Rwanda, Benin, Zambië en Ghana is deel van die CSR-reeks. Ek, Gabe Manner en Alexis Mbaraga van Rwanda, is die mense agter die reeks en het dit ontwikkel. Dit is verlede jaar vir die eerste keer in Namibië aangebied en sal vanjaar in ander Afrikalande aangebied word.”
“Die CSR-reeks, nes T-Rex, se hoofdoel is om driekamp en tweekamp te bevorder, maar omdat nie almal daarin belangstel nie kan atlete by elke CSR-byeenkoms ook net aan een resies deelneem. Hulle kan byvoorbeeld net die 10 km-fietsry of hardloop doen.
“Dit is vir my baie belangrik om 'n gesonde leefstyl te hê en die saadjie by jong kinders te plant en te hoop dit groei en word 'n instelling.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie