Van vleis alleen...
MARMITE BROODJIE SKRYF:
Aan die persone wat hulle mening gee op WhatApp (Republikein, 24 November) oor die konynboerdery en kritiek oor die mense wat durf ’n deernis voel vir die konyne, omdat dit in hulle oë troeteldiere is...
Ongelukikig word die mens grootgemaak met die idee dat ’n mens vleis moet eet, dat diere gemaak is om vir die mens kos te wees en daarom kry ’n mens die reaksie soos nou.
“Toe ek ’n kind was, het ek mak kuikenkies, gansies en selfs ’n varkie aangehou as troeteldiere, maar steeds geweet hulle pa en ma is daar om geslag te word.”
Dus, wanneer hulle klein is, is dit oukei om hulle te vertroetel (m.a.w. versorg, voer, en met sagtheid, liefde te hanteer), maar boeta, word net groot, dan word dit geslag en is jy op my bord en nie meer in my arms nie.
Maar raai wat? ’n Mens kan heeltemal gesond sonder vleis leef. ’n Mens hoef nie dood te maak om te kan lewe nie.
Gaan jy die mense kos gee wanneer hulle honger ly? Daar is genoeg ander soorte kos om te eet, dus hoef mense regtig nie honger te ly nie.
En ja, as jy wil weet, ek sal hulle leer brood bak, want ’n mens kan brood in ’n oond bak en jy kan dit in ’n pot op die kole bak. Jy kan brood met of sonder suurdeeg maak, dan kan hy homself help en dit sal nie vir my nodig wees om hom kos te gee nie. Ek noem brood, omdat brood omtrent vir ons almal "daaglikse brood" is.
Gaan gou supermark toe om iets te koop, wat is dit? Brood en nog ander items.
Daar is baie in Namibië wat elke dag honger is en gee jy dalk vir hulle kos?
Gaan jy hulle en hul gesin onderhou as hy nie meer met konyne kan boer nie? Daar is baie ander maniere om ’n bestaan te maak, wat nie doodmaak van diere insluit nie. Voor die konynboerdery was daar sekerlik iets anders?
Jare gelede het ons ook konyne gehad en hulle was ons troeteldiere. Kwassie het die TV se drade afgekou, Lulu wou geboorte gee op ons bed, Kwassie was groot en gou het die honde geleer dat hond se kind nie met ’n konyn sukkel nie, want konyne kan hard skop. Lulu se kleintjies het in ’n vlak plastiekskottel snoesig in ’n handoek geslaap tot sy ingespring het om hulle te voer.
Toe hulle groter was, is hulle troeteldierwinkel toe.
Destyds se twee hoenders: wanneer hulle te lank moes wag vir kos, het hulle die kombuis ingestap en kom kos vra.
Vandag is dit die wilde voëltjies wat op die stoep kom sit en raas vir kos, terwyl Hansie die haankind ’n kraai-aanval kry as sy kos laat is. As Hansie doodgaan, kry hy ’n begrafnis en beland hy nie op ’n bord nie, want sien, ’n mens leef nie van vleis alleen nie.
Gun ander mense om van julle te verskil, sonder dat hulle aangeval hoef te word oor hoe hulle oor iets voel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie