Van vliegvelde tot aanloopbane
Gegewe die drama rakende ons eie Internasionale Lughawe Hosea Kutako en die wanderlust wat deur my are vloei, het ’n berig wat onlangs op BBC se webwerf verskyn het, my belangstelling in lughawens geprikkel.
In alle eerlikheid is lughawens nie juis ’n plek waar reisigers baie tyd wil deurbring nie, maar soos hulle in Engels sê, is dit ’n necessary evil.
Een lughawe wat my gefassineer het, was Kai Tak in Hongkong. Volgens my ma, wat op een van haar reise daar geland het, was dit baie senutergend, want vlieëniers moes so tussen die wolkekrabbers neerdaal op die lughawe se enigste aanloopbaan wat in die Victoria-hawe uitgesteek het. Om dit in perspektief te stel: Die ou gebou is gesloop en intussen is ’n eindpuntgebou vir luukse passasierskepe gebou!
Ongelukkig (dalk gelukkig?), teen die tyd wat ons einde 2008 na Hongkong gereis het, was die lughawe al meer as 10 jaar gesluit.
As jy vinnig op die internet kyk, is daar heelwat toptienlyste van die gevaarlikste, mees bisarre, besigste en swakste lughawens ter wêreld. Hosea Kutako verskyn (nog nie) op een nie.
In terme van vreemd is Osaka (Japan) se lughawe boaan verskeie lyste – hoofsaaklik omdat ’n kunsmatige eiland daarvoor ontwikkel is en dit vanuit die ruimte sigbaar is. Nog vreemde lughawens sluit in Gibraltar s’n, waar die stad se besigste straat met die aanloopbaan kruis, Madeira s’n omdat die aanloopbaan op ’n dwarsbalkbrug bo-op 200 pilare gebou is, Don Mueag (Bangkok) omdat daar ’n gholfbaan tussen twee aanloopbane is, en die Gisborne-lughawe in Nieu-Seeland, waar ’n treinspoor die aanloopbaan kruis.
Wanneer dit kom by die grootste uitdagings om op te styg en te land, meen vlieëniers is dit Sao Paulo (Brasilië) omdat dit in die middel van die stad is; Courchevel (Frankryk) tussen die Alpe, en met ’n klein berg in die middel van die aanloopbaan; en Daocheng Yading (Tibet) omdat dit meer as 4 400 m bo seevlak is en weens die lugdruk kan dit ’n vliegtuig tot 3 km neem om te stop.
Daar word ook in verskeie dele van die wêreld op strande en op ys geland.
Wanneer dit by die grootstes kom, is daar nie veel wat met die Dammam King Fahd-lughawe in Saoedi-Arabië kan meeding nie. Dit is immers amper 2,5 km² groter as die buurland, Bahrein. Dan is daar Denver se lughawe, wat só groot is dit het sy eie 9 200-paneel sonkragplaas.
En die swakste lughawens in terme van diens? Volgens verskeie reiswebwerwe, tel die internasionale lughawens in Islamabad in Pakistan, Ho Tsji Minhstad in Viëtnam, Kaboel in Afghanistan, Port-au-Prince in Haiti, Caracas in Venezuela, Tasjkent in Oesbekistan, Katmandoe in Nepal, Jeddah in Saoedi-Arabië, en Port Harcourt in Nigerië onder die swakstes.
Sien julle, geen melding van Hosea Kutako nie.
Onder die besigstes tel Denver, Dallas, Chicago, Los Angeles en Atlanta in Noord-Amerika, asook Singapoer, Delhi, Istanboel, Frankfurt, Shanghai, Londen, Tokio, Dubai en Beijing.
Die oulikste waar ek al geland het? Koh Samui in Thailand. Maak gerus ’n draai!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie