Van werklose jeugdiges tot rolmodelle

Jacqueline Louw
Die Koës-jeuggroep van die //Kharasstreek gaan binnekort opleiding van die Ombetja Yehinga Organisasie (OYO) ontvang om later jongmense in dié streek te onderrig, danksy die finansiële ondersteuning van die FNB Stigting.
OYO is ’n jong dans­geselskap van jong Namibiërs wat stories deur middel van dans vertel. Die groep, onder leiding van regisseur en choreograaf dr. Philippe Talavera, is in 2008 in die lewe geroep en hul optredes is ontwerp om tot skole, jeuggroepe en gemeen­skappe te spreek. Hulle het ten doel om maat­skaplike bewustheid deur middel van kuns teweeg te bring en die OYO-dansgroep is een van die mees suksesvolle komponente van dié organisasie.
Hulle probeer om belangrike boodskappe oor onderwerpe soos MIV/vigs, stigma en diskriminasie, tienerswangerskap, geslagsgeweld en alkoholmisbruik na tienergehore te neem.
Koës is sowat 130 km van Keetmanshoop geleë en dié klein dorpie bied skoolonderrig net tot graad 10. Slegs kinders wat deur familie in ander dele van die streek ondersteun word, is in staat om hul studies te voltooi. Baie jongmense is werkloos en het min hoop om ooit hul lewe te verander. Tienerswangerskappe, alkoholisme en MIV/vigs is alledaags vir dié tieners.
OYO het van Julie vyf slypskole in drama, dans en musiek vir die Koës-jeugdiges aangebied. Die jongklomp sal ook opleiding oor MIV/vigs, seksueel oordraagbare siektes en gesinsbeplanning ontvang. Wanneer hul opleiding in September aan ’n einde kom, beplan OYO om ’n opvoedkundige vertoning met die nuwe OYO-studente in die streek te onderneem.
“Dit is belangrik vir ons om werklose jongmense in die diep plattelandse gebiede soos Koës te help,” het Talavera vertel. “Hulle het dikwels ’n baie swak selfbeeld en word as mislukkings beskou. Leerders wat hulle sien optree, beskou hulle as mede-opvoeders en dit doen wondere vir die moraal van die dansers en spreek terselfdertyd tot hul jong gehore.”
Die première van OYO se opvoering The Phamtom of Namibia vind op 18 Augustus vanaf 19:00 by die Sekondêre Skool Jan Mohr se Teatersaal in Windhoek plaas. Die choreografie is deur Philippe Talavera gedoen en gaskunstenaars van Nederland, Kanada, Brittanje en Singapoer tree saam met die OYO-hoofdansgroep op. Vir meer inligting, kontak Karolina by 061 254 915 of [email protected].

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!