Van wonderwater tot slaapverlamming
Wanneer ek my vriend Google vir raad vra, kom ek partykeer op die vreemdste feite af. Meeste van die feite is moeilik om te glo. Ek wonder partykeer hoe akkuraat my vriend nou rêrig is.
Daar is soveel feite op die internet dat ek nie kan dink alles kan 100% korrek of waar wees nie. Iemand het anderdag gesê van die feite oor Namibië se geskiedenis verskil op Google van die feite wat in skole se leerplanne geleer word. Maar as ons eerlik met onsself is, sou ons verlore gewees het as Google nie daar was nie. Soos in hééltemal verlore.
Toe ek op skool was, het ons die Britannica-ensiklopedie gehad. Al ons take se inligting het uit dié boeke gekom.
Deesdae is daar webwerwe soos Mieliestronk, National Geographic en natuurlik Wikipedia wat die Britannica vervang. Maar kom ons gaan terug na die vreemde en fassinerende feite op die internet.
Hoeveel van die feite glo jy en hoeveel, soos deesdae algemeen is, is fopnuus? In die eerste plek is David Cameron en Kim Kardashian. Volgens die internet is hulle verlangs familie. Die koningin van selfies en die voormalige Britse premier is op een of ander manier familie van mekaar – hy is glo die Kardashians se 13de kleinneef.
In die tweede plek is Coca-Cola.
Dié maatskappy het water in Japan bekend gestel wat mense help slaap. Gelukkig het ek nie ’n probleem met slaap nie, maar ek glo diegene wat sukkel, sal groot geld vir die wonderwater betaal.
Derde is Suid-Korea.
Hulle het ’n roomys ontwerp wat glo jou babelas verlig. Die roomys, Gyeondyo-bar, smaak soos druiwe en bevat die sap van die Hovenia dulcis-boom. Weer eens dink ek daar is baie mense wat ’n klomp geld vir die wonderroomys sal betaal.
Vierdens het ’n studie bevind teen 2050 gaan daar meer plastiek as visse in die see wees.
Dit kan ek glo. So deur my reis deur die internet kom ek op feite oor wilde diere af. Wêreldolifantdag word op 12 Augustus gevier.
Op dié dag word bewusmaking wêreldwyd geskep van die bewaring van olifante wat toenemend deur stropers bedreig word.
Maar het jy die volgende oor olifante geweet? ’n Olifant se slurp en tande verklap of die dier links- of regshandig is. ’n Olifant se stert en sy slurp kom in die middel van sy lyf bymekaar.
Daar is dus geen deel van sy lyf wat ’n olifant nie met óf sy slurp óf sy stert kan bykom nie. Ek probeer nog die slurp-en-sterttruuk uitfigure. Ek sal nog verder navorsing oor hierdie een moet doen. Dan kom ons by die renoster. Witrenosters kry hul naam weens ’n misverstand. In Nederlands is hul lip wijd (wyd) genoem.
Dit is toe as white vertaal in Engels en deur Afrikaans as “wit“ heropgeneem. Dan kom ons by my oudste seun se lekkerste tydverdryf . . . slaap.
Het jy al ooit gevoel of jy val terwyl jy aan die slaap probeer raak en dan word jy skielik uit jou slaap geruk? Dit gebeur met my. Al wat ek daaroor kan sê, is dit is ‘n aardige gevoel. Volgens Google is wetenskaplikes nie 100% seker hoekom dit gebeur nie, maar die meeste glo dit is omdat jou liggaam deur die oorgangsfase gaan tussen wakker probeer bly en slaapverlamming laat oorneem.
Gedurende jou diepste slaap raak jou spiere tydelik verlam sodat jy jouself nie seermaak terwyl jy droom nie. Soms kan jou brein egter voor jou liggaam wakker word. Dit word slaapverlamming genoem.
Google is baie vermaaklik. Ek moes my van die rekenaar wegskeur want met elke click sien ek net nog meer interessante feite. Miskien is dit hoe die kinders deesdae voel wanneer hulle op hul tablet of PS speel.
Kom ons laat dit daar, dit is ‘n onderwerp vir ‘n volgende keer. Ek moet nou eers vinnig gaan water drink, want elke knippie sout het my nou dors gemaak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie